Saturday, January 29, 2011

Niet moe?

Vroeg oggend by Hoek van Holland


Sommer so deur die voorruit van die kar geneem. Dit was fantasties mooi die witte wolk stoom/rook teen die donker oggendlig.

Thursday, January 27, 2011

Titivating





Perfek


Wat gee mens vir iemand wat jy Parys toe vat vir 'n daggie of twee? Iemand wat ook van Hello Kitty hou?

Wednesday, January 26, 2011

A gi again


Vannaand my eerste judoles in drie jaar. Ek het interessante pyne, maar dink die moeilikste stuk van al die oefening, was die fietsry terug huistoe na die tyd. Maar wag en hoor wat ek more alles gaan kwytraak...

Net in Nederland

Sunday, January 16, 2011

Is ek vet?

Laura het 'n paar weke in Kaapstad gekuier saam met haar meisiekind. Noudat sy terug is, kuier ons lekker, doen ons naaldwerk, kook ons, drink ons tee - die gewone. Toe vertel sy my haar dogter het haar gevra of ek vet is - want sy kan nie uit die foto's aflei nie. En sy het dit 'n moeilike vraag gevind om te beantwoord...

Beide Laura en Rods het my die naweek probeer oortuig dat ek nie vet is nie. Net... stewig. (Kidnap resistant, dink ek aan die prentjie wat ek nou-die-dag raak gestumble het) Wat ek ook dink, is aan die meisie wat na 'n eerste date by die huis indwarrel en haar ma vertel die ou is die niceste ou ooit. Hy het haar vertel sy is beeldskoon! Haar ma reken sy moet van hom ontslae raak, want 'n man wat nou al so lieg...

Terminologie


Dit sou nie die eerste gedagte wees wat in my kop sou opspring as iemand aan my sou vra vir 'n goeie naam of vertaling vir 'n klein stofsuiertjie nie...

Global warming


Die beker is met 'n tipe verf geverf wat verdwyn as dit warm word - die gedeeltes wat onder seevlak sou wees indien die aarde sou opwarm, ten minste. Ek gooi my beker nie altyd so vol nie, en op daardie manier red ek elke teepouse Nederland van wegsink onder die waters in. Nice van my.

Piepklein


'n Kollega het vir ons haar vroeg-gebore babatjie kom wys.

Nuwe aankope


In April kry ons 'n hele paar besoekers. Eers kom my vriendin, J-M kuier en haar kuier oorvleuel vir 'n paar dae met Rods se ma en sy nefie s'n. Ons het besluit Rods se ma sal dalk haar privaatheid waardeer en het 'n nuwe bank-bed by Ikea aangeskaf. Die pas net-net onder die vensters in die spaar-kamer wanneer hy oop is.

'n Gesneuwelde



En daar le, hy; opgebruik met sy kruisie in die lug.