Sunday, October 31, 2010

Nog vrug/nog groente



Wat sien jy hier?
Nie die roos agtergrond nie...
Is dit 'n pepper? 'n Soort pampoentjie? Kyk na die stingeltjie... Soos wat lyk dit?
Dit is 'n cashew vrug. Mens eet die geel, haal die neut uit die krulletjie uit, rooster dit, en eet dit ook. Multi tasking.

Blast from the past


Mens kan hulle nog huur vir spesiale funksies

Huilen in Den Haag





Halloween 2010 - The party that was



As versierings vir die ingangsportaal het ons die teddies wat ek vir my vriendin in die Kaap opspaar versigtig uit hulle verpakking gehaal en al die lables netjies weggesteek. Lyk hulle nie fantasties nie?

Spider dip. Avokado en suurroom. Lekker...

Cauldron chippies


MiaauMy arme gaste. Hulle moes werk vir hulle kos. Ek het 'n pampoenkerf kompetisie gehou en die wenner 'n goue trofee belowe. Het skoon vergeet om die trofee te oorhandig... Mind you, dit was halloween en die idee van die trofee was juis dat dit byna 'n straf sou wees om dit te ontvang. Maar vrees niet... Al hierdie mense is komende Saterdag weer hier vir Rods se partytjie. Dalk moet ek hulle die keer laat braai vir hulle kos...

Ek hou van hoe dit hier lyk of Laura se kop aan die brand is.

Poeding. Yum. Daar was ook 'n (klein) sjokolade fondue, slagroom en poedersuiker vir die wat braaf genoeg was.

Rachid het heel kreatief met my spinnekoppe omgegaan

Die mees kreatiefste pampoen was Laura s'n

en die kaapse kleurling pampoen, is aan Thinus te danke.

'n Handleiding!


Ek probeer nou hard om 'n oulike woordspeling met 'blik' te maak. Soos 'n blik op die toekoms, of 'n lonkende blik of iets dergeliks, maar die duur (of goedkoop) woorde wil nie vandag saamspeel nie. Een van die ander blikke daar - ook met Marilyn Monroe - was die 7 year itch.

Den Haag biblioteek

Ek moet dalk die boek links onder lees...


Ek het die skilder se naam vergeet, maar ek het iewers op TV - seker 'n antieke road show program - gehoor dat die enigste mens wat ooit geld gemaak het uit hierdie prints, die oorspronklike skilder van die huilende kinders was. Praat van huilende kinders. Op die oomblik is daar posters op by Spui genaamd 'Huilen in Den Haag'.

'n Vriendelike krokkedil


Monday, October 25, 2010

Nie die bloutrein nie


Mooi rozige trein die ene, maar aan die voorkant kan mens sien waar hy eens geel was. Ek sit en wonder nou waar die bedryf is wat treine hersprei - en hoe jou werksbeskrywing (en -voorvereistes) lyk.

Mededingende advertensies


Media markt se tagline is nou al vir jare Ik ben toch niet gek. Groot was die gelag hier toe ons sien Computerland het 'n lable by hulle folder gevoeg waarin hulle vertel Wij zijn wel gek. Hey, ek is 'n voorstaander vir mal pryse.

Winter

Agter die boom, is nog 'n paar wat verbete aan hulle al geler wordende blare vasklou. Maar ek sou reken dat die winter besig is om te wen.

Suikerbos


Tegnies gesproke is die nie 'n Suikerbos nie. Maar dit is mooi...

Sunday, October 24, 2010

Dit kook

Musikale houtlepels. Een kant vir kook en die ander kant om lustig op die agterkant van die potte lawaai te maak.


Rachid het Vrydag vir ons hierdie overheerlijke gereg gemaak. Onder is couscous. Bo dit is fyngemaalde neute. Dan volg die groente en bo-op natuurlik die hoender. Dit was ongelooflik lekker. Vingerafeetlekker.

Sunday, October 17, 2010

Despicable me

Toevallig het my broer die ook vannaand met sy seuntjie gaan kyk. Klein Adam reken die 3D bril is 'n wonderlike ding, want dit laat die mannetjies uit die skerm uitklim. Wyse klein mannetjie daardie.

My liewe stalker

Iewers na ons straatmarkt naby Koninginnedag die jaar het hier 'n koffiewinkeltjie; 'n barista, in Fahrenheitstraat oopgemaak. Deur die maande daarna het ek so een keer elke twee weke daar ingepop. Soms het ek rustig buite by die lang tafel gaan sit. Ander kere, veral as die hemele oopgemaak het, het is binne by die vierkantige tafeltjies gaan plaasneem. Die winkel is vol weird and wonderful goetertjies en geskenkies om mens besig te hou. Party dae was ek bietjie haastig en het sommer 'n take-away bestel. Sonde, dink ek, want dit is 'n lekker koffie en mens moet sit om dit te geniet.

So loop ek een Saterdag daar in en die Amerikaanse eienares is in die winkel besig, maar haar man staan agter die till. Hy is 'n Nederlander en vra my mooi in Nederlands wat dit vandag sal wees. Sy vrou antwoord daar tussen die rakke uit: 'n Late machiato... en dit is take-away, want dit is Saterdag...

Gister kuier 'n nuwe vriendin Laura hier by my en ons loop Albert Hein toe. Ek wys haar toe die winkeltjie, en ons staan met ons neuse teen die glas. Dis so 'n kwartiertjie na die winkel toe is, so die eienaars is nog binne en ons waai ewe vriendelik. Laura besluit toe dat as die eienares so baie van my weet, dan moet sy 'n stalker wees. Ons loop en giggel oor my stalker en kry 'n scanner in AH. Net om op te kyk in die barista-winkel eienares se gesig! En die eerste wat sy kwytraak, is: "I have been stalking you..."

Tussen ons gelag kry sy dit toe darem uit dat hulle vandag Italie toe gaan en dat sy ook vir vandag kaartjies het vir Cirque Stiletto en wil ek dit graag he? Ek het dit met baie dank aanvaar.

Nou, as mens keuses kan maak in watter stalker jy wil aanhou, kan ek net my tevredenheid uitspreek met myne. Die show was fantasties (gaan google dit). En my stalker maak nie net 'n killer koffie verkeerd nie - sy weet ook of dit in die glas of papierbekertjie gegiet moet word. Awesome!

Vices et al

Uit die kas kom dag... want 'n kas is vir klere


One down...

Sunday, October 10, 2010

Op soek na individualiteit

Spanje foto's van my selfoon af

In Schipol lughawe by terminaal C, is daar 'n sjokolade kafeetjie. Ek maak 'n punt daarvan om vroeg te wees vir my vlugte... Lees net die instruksies :) Ek het hulle slaafs gevolg, natuurlik.

Chandelier in die sjokolade kafeetjie

Roderick het vir ons emergency exit seats geboek. Kyk net al die spasie!

Rods bo by die kasteel op Montjuic. Ek het ten minste 4 van daardie groot passassierskepe getel.

Berg-af met die kabelkarretjie

Die uitbreiding van La Ramblas sodat dit tot in die hawe strek.

'n Ferry besig om te parallelparkeer. Hy was amper so lank as wat die hawe daar breed is.

Rods by Barcelona se Arc de Triomf

Ek natuurlik ook

Die fontein van die gode by die citadel.

Manual zoom. Dit is as mens self nader loop

En nog verder ingezoom

Happy pills: Al wat mens nodig het.

Al wat albei mense nodig het.


Serpe

Vir die serp moes ek die spanning konstant hou dat al die worsies bo mekaar opeindig, maar oor ek 'n groot pen (size 10) gebruik het, kon ek die serp in een middagie klaar brei.

Om fraiings aan te sit, was nou nogal 'n storie.

Terwyl ek toe nou besig is, het ek gou die serpie afgerond. Ek het hom klaar gebrei net voor ons met vakansie gegaan het, maar wou eers 'n hekelpen kry om die wolletjies deur te ryg. Nou is hy darem ook klaar.


Ek het dus vandag twee serpe klaargemaak. Kyk hoe mooi wollerig is hierdie enetjie. Net reg vir die komende winter.