Sunday, October 10, 2010

Barcelona: Dag 4: Segrada Familia

Toe aan Gaudi gevra is hoe lank hy dink dit gaan vat om die Segrada Familia klaar te bou, was sy antwoord: My klient is geduldig. God kan wag. Hy het immers al die tyd. Op die stadium probeer hulle om dit voor 2026 (die 100 jaar reunie van Gaudi se dood) klaar te kry.

Die nuwe kant van die gebou

Ingangspoorte met hoekige standbeelde

Die skrif is aan die muur
Gloeilampe binne die kerk
Kyk hoe verskriklik mooi is die wenteltrap links van die gekleurde venster

Daar word ook nog binne die katedraal gewerk. Net die buitenste gedeeltes van die binnekant is vir die toeriste betreebaar. Mens kan ook met 'n lift na bo in die torings gaan, maar die wagtydperk was 'n uur.

Loodglas

Soveel dinge hier binne is op die natuur gebasseer. Die pilare soos boomstamme, die blomme in die dak, 'n ware tribute to nature.

Die hoogte van die pilare is duisligwekkend

Die is ongelukkig 'n blurry foto. Die gebou is onderstebo ontwerp met behulp van drade en lappe en gewiggies om die presiese gravitasionele kragte daarop uit te pluis. Deesdae het mens rekenaarprogramme wat dit vir jou kan doen, maar die ouens van meer as 'n eeu gelede moes met ander planne vorendag kom. Ek dink die kerk op die foto is die katedraal in die middel van Barcelona. Die het buite groot signs op van Gaudi's first cathedral, maar is baie meer tradisioneel in voorkoms en ek het gaan google, maar kry nie so vinnig enige website wat die claim kan staaf nie.

Die Segrada van die straat af. Dit is 'n massiewe gebou. Volgens die oorspronklike plan, moet daar 18 torings in totaal gebou word; 12 vir die apostels, 4 vir die evangeliste, een vir Maria en een vir Jesus. Die bloudruk planne is egter in die laat 1930's tydens die Spaanse Revolusie verbrand.

Die gedeelte is al omtrent 'n eeu oud.

'n Vinnige blik hierna, laat die bietjie morsig lyk, maar nadere ondersoek wys die ongelooflike hoeveelheid detail.

Detail aan die ou kant van die Segrada. Ek dink die kant is klaar gebou voor Gaudi dood is. Daarna was die Spaanse Revolusie en het die bou vir baie lank stilgestaan. Deesdae word dit op donasies gebou en hou hulle op wanneer hulle geld opraak.

Kapel ingangsdeur
Een van die eerste dinge wat klaargebou is, is die kapelletjie. Kyk hoe hoog staan daardie deure.

Kyk die lig op die regterkantste muur

Klein skaalmodel van die binnekant van die Segrada. Let op hoe die pilare soos boomstamme lyk.

Ek dink die was oorspronklik 'n werkswinkel

"Nuwe kuns". Die beeldjies aan die nuwe kant van die gebou, is ook deur 'n meer moderne kunstenaar ontwerp.

No comments:

Post a Comment