Sunday, October 10, 2010

Barcelona: Dag 4: Park Guell

Die ou met die Guell van (met kolletjies op die e, maar ek is op my laptop besig en sal nog eendag uitfigure hoe om hulle hiermee te maak) was Gaudi se hoof-klient. (Nog 'n kolletjie-woord). Profete word nie in hulle eie lande erken nie, en kunstenaars nie tydens hulle leeftyd nie. Die idee van die park, was om huise te ontwerp wat by die natuur aansluiting vind. Die pilare in die park is byna uitsluitlik uit klip gebou, ek dink nie liniale is ooit gebruik in enige van die designs nie en 'n hele klomp tegeltjies is te pletter geslaan voor hule weer soortvan gelas is. In die park is maar 'n paar huise. Een van hulle, so 'n pienkerige ene wat van ver af soos 'n kerkie lyk, was Gaudi self se huis. Die park is later in sy geheel aan die Barcelona munisipaliteit geskenk. Dis die geskiedenis wat ek van die toeriste-bus af onthou.



























No comments:

Post a Comment