Saturday, October 9, 2010

Barcelona: Dag 3: Busrit

Kartelrandjies om die balkonne

Bo van die bus af sien mens heelwat dakke en toringtjies.

Gaudi-geboue. Die een aan die regterkant se dak is so beplan dat dit soos die rug van 'n draak moet lyk.

Herfs in Montjuic - berg van die Jode

Kabelkarretjies tot bo by Castilo de Montjuic, die kasteel hoog op die berg bo die hawe

Poskaart foto

Detail, detail, detail

Mens kry die turkoois oorproppies saam met jou buskaartjie. Op die ander busdiens, kry mens rooies. Hulle is absoluut verskriklik! My ore is nie van die vorm wat hulle daar sal toelaat sonder ernstige nagevolge nie. Ek was dus nie verbaas om by elke busstop 'n hele swerm van die goed bo-op die bushalte te sien nie. Duidelik is my oorvorm nie so uniek nie.

'n Woonstelblok wat deur Gaudi ontwerp is. Ek kan my net indink wat een van daai woonstelle moet kos.

Nog toringtjies en dakke

But wait... there is more. Hierdie toring (La Rotonda) is op die onderpunt van die spoor van die blou trem wat opry na Tibidabo. Lekker steil stuk pad daardie. Daar waar die trem ophou, van die funicular (trein wat op ystertande loop) oor. Ongelukkig was beide die Tramvia Blau en die vervangende bus buite werking en het ons maar na 'n halfuur se rondsit, terug op die toeristebus geklouter.

Kleurvolle helmet

Spoilsports... Mind you, op die strande het hulle nog minder aan as wat op die linkerkantste prentjie vertoon word. And what has been seen, can not be unseen.


No comments:

Post a Comment