Friday, October 8, 2010

Barcelona: Dag 2: Wandeling in die Rambla en Castelldefels

Apteek teels teen die gebou langs ons hotel

Dapper ma en hoogspoed baba

Die gesig van Barcelona

Een of ander staatsgebou

Vir 'n oomblikkie terug in Nederland met die oranje fietse

Opligbrug bo die reeds verlaagde straat

Columbus aan die vinger wys oor die see heen

Optisies illusie van die teels op die Ramblas. Ons is gewaarsku om versigtig te wees vir sakkerollers. Ek is bly om te kan berig dat ons met al ons beursies en kameras terug is in Nederland. Ek moet dalk net ook noem dat ons net so wel gesakkerol kon wees, want daai beursies is nou dolleeg.


Middagete moontlikheid

Ek vind die detail op die geboue absoluut fantasties. Miskien kan mens dit tog op Rooms Katolieke blameer. Om een of ander rede voel hulle net meer genoop om details aan dinge toe te voeg.

Mooi dakkie van die kerkie op die Rambla

Waterdrink plekkie teen 'n muur. Ongelukkig - as ek my neus mag glo - het dit in 'n pissoar ontaard.

'n Flamenco danser probeer Rods oortuig om die aand hulle show te kom sien

Kiddie aan die speel in die water

Terugblik op die Rambla

Map holder

Muur tegelskilderye in een van die Catalunya stasies. Ons het hier rigting gevra na Castelldefels, toe vertel die baie behulpsame Spanjaard (of Catalaan) ons ons moet Arriba, arriba, arriba (met drie springende handbewegings). Ons het gereken dit beteken ons moet asseblief eers uit sy stasie uit en dan drie blokke verder weer probeer. Dit het actually gewerk...

Catalunya plein

Drie blokke verder. Gaudi huis by die ingang van die stasie.

Ek is nie so seker dat Gaudi 'n liniaal gehad het nie. Maar sy designs is fantasties.

Die stadsplein in Castelldefels

Vriende

No comments:

Post a Comment