Friday, October 8, 2010

Barcelona: Dag 1: Barceloneta

Die weer in Spanje die week, was heerlik warm. So tussen die 22 en 27 grade. Selfs ek het die hele tyd - ook snags - met sandale rondgeloop.

Op ons eerste wandeling in Barceloneta (ou vissersdeel van Spanje) het ons op die vreemde straatfees afgekom.

Daar was 'n live band, tafels buite op straat en goed wat soos groot toegdraaide lekkergoed gelyk het, wat oor die straatjie gespan is.

Ete was 'n belewenis. Word of caution. As jy nie van sjampagne hou nie, gaan jy ook nie van cava hou nie... Mik liewer vir sangria. Mens bestel dit daar by die liter.

Dit was die bure se aandete. Yum.

Dit was ons veiliger hoender paella. Dit was heerlik. Hierdie was 'n porsie vir twee, maar ek vermoed ook vier mense sou nie honger opstaan as hulle die hoeveelheid moes eet nie.

Na die tyd het ons by die stalletjies gaan ronddwaal. Ek moet nog gaan tel hoeveel hangertjies ek in totaal gekoop het. Maar ons het ook die wonderlikste karamel gevulde churro's gekry.

Die was die vreemdste optog wat toe heel luidrugtig by ons verbykom. Daar was onder andere 'n draak, 'n vuurspugende perd, iets wat ek hoop 'n skilpad is, en heel veel mense geklee in rooi, aan die sigaret rook en vuurwerke en klappers afsteek. Weird weird weird

Kyk hoe toegerook is die pleintjie reeds.

No comments:

Post a Comment