Wednesday, June 29, 2011
Tuesday, June 28, 2011
Monday, June 27, 2011
Zomer in de Zaanen
Yup, hy rock!
Die eerste bandjie aan die optree toe ons net daar aankom. Hulle was verrassend goed.
Een van my kollegas, Wendy, onder haar paraplu'tje. Gelukkig het dit opgehou reën teen die tyd dat Merlijn-hulle se band, Rock Rekked begin optree het.
'n Interessante, maar rare aandjie. Merlijn het my mooi gewaarsku dat die mannetjie daarvan hou om vroue te versieren. Omdat ek die hele aand aan die vertaal was, vertel ek toe vir Laura dat 'he likes to decorate women...' Aaaaah een van daaaaai
Die foto het ek spesiaal op die blog gesit. Nie oor Laura besig is om die bra wat ek oor 'n paar minute na die verhoog gaan slinger, reg te skuif nie. Nie oor sy met beide hande onder my hemp besig is nie. Maar oor die absolute verbystering op kollega Dave agter my se gesig. Mens dink jy ken jou kollegas...
Laura en Jeanet aan die dans
Ek met 'n ietwat bekommerde Dave. Ek moet giggel oor die hand van hom wat so verlangs verbyhou
Monday, June 13, 2011
Nom nom nom nom
Truths
Vietnamese Torture
Ek het vir 'n pedicuur gegaan. Die eindproduk is pragtig. Die daarwees, was marteling. Nie oor sy my seergemaak het nie; inteendeel. Hoewel die aartappelskiller vir my hakke erg vir die ego was. Nee, die diepste marteling was in die kielierige middeldeel van my voet. En tussen die tone. En langs die kante...
Subscribe to:
Posts (Atom)