My pa het besluit dat ek, Gesina, Danie en Eddie se twee oudstes saam met hom teen die Weskus moet opry. Saterdag is ons wat vir my soos douvoordag gevoel het, hier weg. Ons eerste groot stop, was op Yzerfontein. Ek was eers verskriklik jammer vir myself dat ek my swemklere vergeet het, maar na een toon in daardie weskuswater, was ek dankbaar. Van daar is ons met ietwat van 'n ompad Clanwilliam toe. Ons het by die dam oorgeslaap in 'n chalet en al wat daar kortgekom het, was handoeke. Gelukkig was die Spar op die dorp nog oop.
Vanoggend vroeg het ons met Liezl gesels en hulle het toe net begin opstaan. Die res van die oggend het ons in selfoon-onbereikbare grondpasse rondbeweeg en toe ons uiteindelik naby Ceres weer sein kry, vind ons uit dat ek al weer oom is. William John het sy opwagting gemaak. Ek dink ek weet wat daar gebeur het. Liezl het natuurlik besef die is haar enigste kans om in vrede te gaan kraam voor die kinders terug is. Ek weet die knapie heet William, maar vir my gaan hy Baksteen bly.

Verder geniet ek die kortmouklere verskriklik baie. Daar is nog 'n magdom mense wat ek binne die volgende 7 dae wil sien, maar ek rus darem so tussendeur ook. En ek maak my kop en kamera se memory stick vol herinneringe.
No comments:
Post a Comment