Saturday, April 18, 2009

Poems


Rods se ma en Tania kuier hierso by ons. Tussen al die tydskrifte en goodies wat saamgebring is, is 'n boek wat deur Rods se pa geskryf is oor hulle tyd in China. Ek moet dit nog lees, maar sal vir Rods kans gee om dit eerste onder oë te kry. In die boek is twee handgeskrewe gediggies. Die een is deur Lord Tennyson en die ander deur Thomas Hardy. Beide is oor verlies en dood. Lord Tennyson wil graag nog een keer sy true love se arms voel en wil net graag hê dat die siele van die wat ons liefgehad het ons kom vertel waar hulle deesdae is. Thomas Hardy s'n is hartverskeurend. Daar is die onderliggende woede wat pyn en verlies veroorsaak. Waarom is hy nie 'n leidraad gegee die aand voor sy vriend se dood dat dié die volgende dag net sal wegwees nie? Wegwees op n weg waar hy nie kon volg nie.

Ten spyte van die ongelooflike smart wat dood bring, voel ek steeds dis makliker om iemand aan die lewe as aan die dood af te staan. Want jy kan dieselfde mens oor en oor en oor en oor aan dieselfde lewe afstaan.

No comments:

Post a Comment