Friday, May 22, 2009

Haarlem

Die res van die blok behoort aan V&D - 'n department store, maar die drogistery winkeltjie op die hoek het in die 30'er jare geweier om te verkoop. Nou is dit seker redelik teesinnig geinkorporeer in die V&D.

Een van daardie dinge waaroor ek en Roderick nie saamstem nie. Ek dink hierdie lampies is te wonderlik vir woorde (maar met my Maleisiese bloed, verstaan ek waar daardie siening vandaan kom). Kleurvol, vriendelik, fyntjies verwerk met die mooi filigree patroontjies... My liewe man dink dit is 'wheg'.

Grote marktplein in Haarlem. Daar was die een na die ander troue en die bruide het sommer so tussen die restaurant besoekers rondgeloop en hulle foto's laat neem.

Ek dink die kerktoring is uit hout gebou. Soos die res van Nederland, is ook Haarlem op sand gebou en sand is onvergewensgesind teenoor swaar geboue met magtige torings.



Goedjies om oor te gesels

Kerkdeur
Hermes?

Museum met die kerktoring in die agtergrond

Die Amsterdam waterpoort. Al wat oorgebly het van die oorspronklike vierkante stadsmuur.

Latijn voor dapperheid heeft geweld overwonnen

Clementis

Ma en Rods


In die middeleeue was Haarlem een van die rykste Nederlandse stede. Die stad was oorspronklik vierkantig - in die vorm van Jerusalem - gebou. Die hout geboue het bygedra daartoe dat Haarlem 'n keer of wat afgebrand het, maar dit is altyd weer vinnig herbou. Van die oorspronklike muur het slegs die waterpoort oorgebly. Haarlem het mooi ou geboue, krom straatjies, winkeltjies, kerke en eetplekke, maar die dorpie voel onwerklik; selfs 'n bietjie vals. Mooi om na te kyk, heerlik om in rond te dwaal, maar nie die plek vir my nie.

No comments:

Post a Comment