Ek beluister my kollegas (medewerkers) so. Een van hulle kla dat die vuurwerke uit haar verhouding verdwyn het. Ek sit en dink Be careful what you wish for. Eerstens is vuurwerke harde werk. Nou praat ek nie eens van die goed aan die brand steek sonder om jou vingers te verloor nie. Net om dit (moontlik) te sien, verg al heelwat kalorietjies. Een keer 'n jaar is daar vir drie dae agtermekaar 'n internasionale vuurwerk kompetisie in Scheveninge. Donderdagaand het ek en Thinus en Rods daarheen gefietsd. Dit was heerlik so met die wind van agter. Daar aangekom het die wind egter onplesierig koud en hard begin raak en uiteindelik is die kompetisie, vir daai aand ten minste, afgelas. My plesierige gevoelens het redelik snel weggewaai in die wind-op terugkeer woonstel toe.
Gisteraand was daar egter pragtige vuurwerke. Ons het die trem geneem en ses minute voor die aanvang van die vertoning op die strand nes geskop. Rods het ewe wys sy tripod meegeneem. Terwyl ek nou nie een het nie, het ek my knie gebruik. Na deeglike ondervinding kan ek nou uit ervaring noem dat 'n tripod die beter opsie is...
Selfs foto's neem van vuurwerke, is nie maklik nie. Hoekom sal enigeen dan soveel vertoon en moeite in hulle verhouding wil he?
No comments:
Post a Comment