Ek het 'n probleem met bieg. Want dit impliseer dat mens verkeerd is en ek is 'n Langenhoven-Barnard kruising. Ons is nooit verkeerd nie. Maar vandag moet ek bieg.
Vanoggend het ons soos gewoonlik trem gery. Die was 'n momentjie laat en het twee stasies voor Centraal gaan breek, wat beteken het dat ons moes overstappen en dat Rods nog 'n halfuur later vir sy werk was oor hy net-net sy trein gemis het. Dis nie waaroor die gebiegtery gaan nie.
Een halte na ons het 'n man en vrou ingeklim en skuins oorkant my gaan sit. Die vrou was middeljarig, die man nogal lelik. Hy het 'n vet frons gehad. Die vrou het saggies gepraat - net bo 'n fluistering. Die man het geirriteerd met haar gelyk, maar ook saamgepraat; meestal net ja en nee. En ek het ingeluister, want ek doen sulke dinge. Toe hoor ek sy praat Afrikaans. En ek skop so liggies aan Rods, maar hy luister sy ipod en ek luister Afrikaans. Sy vertel hoe sy 'n ekstra rekening wil oopmaak vir haar geld. Sy noem hoe mooi Nederland die tyd van die jaar is en hoe lekker warm die dae word. Sy herinner hom daaraan dat hulle agter by die trem moet uitklim op Centraal station sodat hulle maklik hulle trein kan bereik en sy hou hulle reiskaartjies gedetermineerd vas, kyk daarin om seker te maak dat dit goed is. En ek luister in op die fluistergesprek.
By MCH toe die trem stilstaan, leun ek oor.
Hi, se ek, ek hoor julle praat Afrikaans. Woon julle hier of is julle op vakansie?
Excuse me, antwoord die vrou. Can I help you?
O, antwoord ek, Are you English? Maar ek weet hulle het nie Engels gepraat nie.
Nee, vertel hulle my, hulle dog ek praat Engels met hulle. Maar hulle antwoord in Nederlands, nie in Afrikaans nie.
Ek vra toe maar om seker te maak of hulle dalk Afrikaans is en hulle kyk my aan asof ek heeltemal gek is en se hulle is Nederlanders.
Gelukkig breek die trem toe op die volgende halte voor ek van skaamte sterf.
Nou loop ek vandag met die verskillende scenario's in my kop rond. Eerstens kan hulle regtig Afrikaners wees wat hulle om een of ander rede probeer grand hou. Dit was vir my nou nogal 'n waarskynlike scenario, want dit sal verklaar hoe ek reg was. Tweedens kan hulle non-native Nederlanders wees wat dus foute soos 'ek is' en 'ons' ipv 'wij' maak - want dit is waarop ek my aanname dat hulle Afrikaans is (dit en die klank van die gesprek) gemaak het. Derdens kan ek verkeerd wees. Kon ek verkeerd gehoor het, kon ek skeef onthou het. Kon ek, net oor ek hulle Afrikaans wou he, self die regte woorde ingevul het.
Die kans dat hulle hulleself as Nederlanders gaan voordoen, is - hoop ek - skraal. Anders gaan ek aan Anne Frank se innerlike goedheid van mense moet begin twyfel. Daar is 'n klein kans dat een van hulle dalk 'n allochtoon kan wees. 'n Uitlander wie se taalklank skrikwekkend op Afrikaans klink. Of ek is verkeerd.
Ek moet bieg. Ek dink ek het vanoggend 'n reuse fout gemaak. En die besef dat ek kan foute maak met iets so fundamenteel as taal, worry my geweldig. Want hoeveel ander foute maak ek dan nie?

No comments:
Post a Comment