Dalk moet ek begin om van Gatesstraat te verduidelik. Gatesstraat in Uitenhage is naby aan die middedorp. Dit is 'n redelike steil straat met aan die bokant 'n video winkel en aan die onderkant kar-onderdele winkels. Die skakelhuisies is piepklein, oud, verslete en goedkoop. Daarom is dit 'n magneet vir 'n sekere tipe koper en huurder. Ons het drie maande daar geloseer terwyl ons gewag het dat ons huis op my ma se naam oorgedra word. Op daardie stadium was ek in die koshuis, dus my ervaring van Gatesstraat was eintlik beperk tot twee naweke of so. Maar twee naweke was genoeg.
Wanneer 'n fight uitbreek (let op - nie as nie) word die hele buurt daarby betrek. Die twee vegtendes - as dit mans is, sal hulle arms in die skewe straat gaan staan en swaai en bulderend hulle griewe teenoormekaar openbaar maak. Intussen kom die mense uit hulle huise gestorm. Twee dra die bier en nog twee dra die sitkamerbank uit. Die word op die voorstoep onder die kruldakkie wat op drie pilare rus, neergeplak en daar word die fight dan meegeleef. Instruksies en kommentaar word van die kantlyn af geskree en as daar uiteindelik 'n wennaar is, is dit met 'n groot gemor dat die klomp weer die bank terugdra in die huis in. Gemor oor dit verby is.
Fights tussen mans en (hulle) vrouens is ook op hierdie manier bygewoon, maar in die geval was daar 'n defnitiewe kantkiessery onder die mense op die kantlyn. Nie lank nie, of 'n stryery sal dan op 'n bank ook uitbreek. Die ongeskrewe regel was dat as daar 'n fight is, dit in die straat moet wees en die twee op die bank sal baklei-baklei die twee in die straat gaan join.
Ons het om twee redes nie ook stoepsitters geword nie. Eerstens was daar my ma wat ons grootgemaak het met die wete dat ons beter is as dit en dat mens jouself veral in die openbaar moet gedra - en tweedens, wel, ons meubels is van hout gemaak en is blerrie swaar!
Hier in Nederland sien mens heel dikwels meubels op straat. Die ongeskrewe reel hier is dat as dit daar staan, jy dit met liefde (maar sonder hulp) mag vat. Studente keer die banke om in die hoop om kleingeld daaruit te kry, bure dra die banke so omkyk-omkyk by hulle huise in, jongmense ry die banke op hulle fietse (I kid you not!) weg en klein kindertjies klouter op en oor dit en bou forte daaruit.
Die bank wat ons vannaand so rustig in die rivier sien afdobber het, was 'n eerste vir my. Ek sit en versin hier stories van hoe dit in die rivier beland het (seerowers, huisboot ongeluk, 'n grusame moord waar van die lyk en bank ontslae moes raak, studente skelmstreke, a jilted lover, 'n druggie?) en wonder hoe lank voor en of die swane en seemeeue daar gaan opklim en nesskop.

No comments:
Post a Comment