Sunday, December 19, 2010

Kapotte trem

Woensdagaand na my Amsterdamles was ek baie bly om uit die bitter koue uit in 'n trem te kon klim. Huistoe, dag ek... warm bad, warme sjokolademelk, warm bed... Maar dit moes wag, want om die draai tussen MCH en Elandstraat het die trem 'n klomp krapgeluide gemaak en gaan staan. Omtrent 'n halfuur later het ons darem weer aan die gang gekom. Gelukkig.

No comments:

Post a Comment