Ek sit en speel nou al vir 'n paar jaar met die gedagte aan 'n PhD. Om Dr voor my naam te mag skryf. Op skool was dit my wens, my droom en my enigste ambisie. Ek wou gaan medies swot. Ek sou 'n Dr Barnard wees. Soos die hartchirurg. Ek sou mense help. Ek sou lewens red. Ek sou goed wees daarmee. Ek sou net so 'n klein-klein bietjie snobisties wees. En toe word ek natuurlik nie gekeur nie. My wereldjie het uitmekaargespat. Maar daar was 'n opsie. As ek my eerstejaar BSc biologies goed deurkom, kon ek keuring kry... So ek is Bloem toe. Ek sou hard werk, ek sou keuring kry, ek sou 'n dokter word... Wel, ek moes Chemie 124 herhaal, so daai een het ook nie gebeur nie.
En toe neem ek as tweedejaarsvak genetika en dit maak nuwe werelde vir my oop. Dit was fassinerend, interessant, nuut. Nuwe tegnologie, nuwe denkrigtings. Ek was hook line en sinker gevang - in so 'n mate dat ek aan die einde van my Honneurs nie weer aansoek vir medies gedoen het nie. As mens 'n honneurs het, kry jy outomaties keuring vir medies, want dan het jy bewys dat jy die werkslading kan hanteer.
Nou, wanneer een van my kollegas promoveer (dis wat hulle dit hier noem) kry ek nog soms so 'n momentjie van twyfel. Moet ek nie dalk maar... En dan kyk ek na wat hulle moet doen. Geen meer labwerk nie, geen meer eksperimentjies nie. Hulle word in leidinggevende rolle ingeprop, as hoof van 'n navorsingspan, as mentor vir studente, as pennelekker (of wat die 21ste eeu se woord daarvoor ook sal wees.. muisstoter?) as skrywer van artikels van wie ander mense die lekker labwerk moes doen. En dan glimlag ek en feliciteer hulle en reken ek kan sekerlik nog 10 jaar my labwerk geniet voor ek so iets aanpak. Dalk aanpak. As ek dan lus raak vir vervelige werk.

No comments:
Post a Comment