Saturday, November 19, 2011
vreemde vreemde selfvertroue
Daai tyd van die jaar
Die Kerstliggies hang weer. Die Sinterklasies is in die rame (vensters). Die swartpiete met hulle sakke vol pepernoten is ook orals sigbaar. En die son is moeg die tyd van die jaar, want hy gaan slaap al om kwart voor 5. Maar daar is iets aan 'n witte Kerst... 'n Kinderdroom afgelei van kerskaartjies miskien... Miskien. Ek vries, ek kla, ek bibber, maar ek geniet nogtans hierdie tyd van die jaar.
Engelse tee
Monday, November 14, 2011
Friday, November 11, 2011
Herfs
Vir Saterdag
Het ek nou drama gehad om 'n potjie vir Rods te kry... In 'n mate is dit seker eintlik 'n potjie vir my, nou dat ek eerlik daaroor nadink. In SA het ek een gekoop, maar dit was net te swaar om deur duane te smokkel. Dié wou ek graag laat pos, maar dis so duur met lugpos - en so onseker met gewone pos - dat ek die gedagte uiteindelik halfhartig laat vaar het.
Gelukkig verkoop die Spens in Amersfoort potjies en dis waar die ene toe vandaan kom. Het hom gister gou geprime en Saterdag wanneer die Suid-Afrikaners kom kuier, gaan ons potjie!
Sunday, November 6, 2011
Saturday, November 5, 2011
Vriende en familie in SA
Ouma en haar suster, tannie Lenie
Daar is 'n storie agter die foto. Deneys het die foto hier onder van my met die trein om my nek geneem toe die kondukteur besluit het hy moes inklim en ek moet op sy skoot klouter vir die foto. Ruby dreig om die foto vir almal te stuur...
Ek en Benjamin (Bennietjie). Hy het my hart heel vermurwe, want as mens hom optel, dan word hy so babasag in die arms. Niks van die stokstywe wegdruk gewoontes wat feitlik alle ander babas het nie. Hy is te schattig!
Ek in Vishoek. Dis waar sommer heelwat van die haaiaanvalle plaasvind, so ek het my voete nie veel dieper as die enkels in daardie see gedruk nie.
My trourok pas nog! En twee van my vriendinne wat by die troue was, vier dit saam met my. (Obviously, anders was hulle mos nie ware vriendinne nie)
Die defensiewe arm van my is om 'n rolletjie te verstop, nie oor ek dit nie geniet om met J-M en Tania tee te drink nie
Subscribe to:
Posts (Atom)