Ouma en haar suster, tannie Lenie
Gesina in Kirstenbosch
Ek met my treinkeps by die King Protea in Kirstenbosch
Heeeehaaaah
Daar is 'n storie agter die foto. Deneys het die foto hier onder van my met die trein om my nek geneem toe die kondukteur besluit het hy moes inklim en ek moet op sy skoot klouter vir die foto. Ruby dreig om die foto vir almal te stuur...
Ek met 'n stoomtrein om my nek
My fotosku vriendin
Ek en Danie die meeue aan die voer in Houtbaai
Dis blerrie ver van daardie rots af tot by die see
Hoogtevrees loop nie sterk in ons familie nie. Danie met Houtbaai in die agtergrond.
Sussies. Ek is nogal verbaas sy het my so diep in haar bubble toegelaat.
Kleinboet
Gesina op haar lui-perd
Ruiters
Ek en Benjamin (Bennietjie). Hy het my hart heel vermurwe, want as mens hom optel, dan word hy so babasag in die arms. Niks van die stokstywe wegdruk gewoontes wat feitlik alle ander babas het nie. Hy is te schattig!
Liezl, William en Peter
Gesinnetjie Barnard. Eddie, Ben, Adam, William, Liezl en Peter
Peter buite aan die speel
William voor sy gunsteling geraasmaker.
Adam
Ben
Eddie en sy cuppacino. Ek het natuurlik 'n late gehad - 'n rooie nogal
Heinrich
Werner en sy vroulief
Ek in Vishoek. Dis waar sommer heelwat van die haaiaanvalle plaasvind, so ek het my voete nie veel dieper as die enkels in daardie see gedruk nie.
Deneys en sy Kersgeskenk (ja, ek is jaloers...)
Josif
My pa
Michael besig om my saamgebringde hardeskyf te plunder.
Gesinnetjie Van der Walt. Landro en Carlean se kinders word al groter - en natuurlik al ouliker.
Vrolike Tania
Runaway bride
My trourok pas nog! En twee van my vriendinne wat by die troue was, vier dit saam met my. (Obviously, anders was hulle mos nie ware vriendinne nie)
Self portrait Ek, J-M en Tania
Mom by Oliewenhuis
Ek en J-M laataand op die bank
Hats and feathers tea
Ma lyk skattig met die fascinator
Braai by Bennie-hulle. Stewie, Gerda en Bennie
Viola, Chris, Gert en 'n duidelike moeg Rudie
Stewie en sy meisiekind
Etenstyd by die Van Wyks
Helizna aan die make-up vir hulle skool se matriekafskeid.
Die defensiewe arm van my is om 'n rolletjie te verstop, nie oor ek dit nie geniet om met J-M en Tania tee te drink nie
Ouma by hulle verjaarsdagtee vir Oktober. Sy is nou 85
Lekker kuier saam met Rudie, Hanna en Gerda
Mom
Jonathan
Tania
Wimpie besig om goeters te copy
Nicolene
Ek en J-M (baie vroeg!) een oggend aan die tee drink by Iets Nice
Kirsti wat by die jaar net mooier (en maerder) word
My babatjies
No comments:
Post a Comment