Die laaste paar weke met Mom hier, was heerlik en stampvol. Ons het dit reggekry om 'n verkoue of twee, wandelinge op die strand (waar Mom se siekte dalk sy oorsprong gehad het), 'n hele paar Hollandse dorpies, Brussels, Paris, Amsterdam, 'n graad A verkoue vir my, Kinderdijk met al sy windmeule, die Haagse mark en wat nog alles in te prop. Na dit alles volg toe 'n minder lewendige week vandag sy Dinsdag weg is.
Rods was die week siekerig. Ek het my eerste vol werksweek in drie weke gehad en was dit nou vir jou 'n laaaang week. Dinsdag het ek vir my baas vir nog werk gevra. Ek moes dit dalk nie so entoesiasites gedoen het nie... Vrydagaand is ons Ikea toe vir 'n boekrak en 'n tafeltjie vir die naaimasjien. Ons het teruggekom met die tafeltjie en die gediertetjie hier bo. Ten minste eet hy nie baie nie... Praat van nie baie eet nie. Rods en Kirsti onderhandel oor 'n moontlikheid dat Bella en Donna na Mom toe kan gaan. Ek sĂȘ al die verkeerde en unjustifiable goed, so ek gaan my heeltmal van daardie onderhandelinge onttrek. En al waarop ek my verkeerde woorde kan blameer is pms. Dis vir my baie erg om foute te maak, veral foute wat ander mense seermaak. Ek skat op die ou end is dit maar net makliker om iemand anders as jouself te vergewe.
No comments:
Post a Comment