Sunday, January 22, 2012

Weirdo

Van ek in Nederland woon, was ek in drie situasies waar ek gewonder het of die ou nie in 'n gestig hoort nie. Drie in byna 4 jaar is statisties gesien seker nie sleg nie. Maar dit bly baie weird en goor en los my met 'n wrang nasmakie en 'n gewonder of ek iets kon doen om dit te kon verhelp.

Eerstens was daar die 'baas' by die mark wat vir my en Laura weggejaag het uit sy materiaalstalletjie, want 'hy is die baas en hy is die enigste een wat hier besluit wat gedoen mag word...' Soos wat se materiaal wie mag koop nou byvoorbeeld. Lekker weird.

Die tweede ou het Nederlandse Tourette's gehad. Dit is wanneer jy iemand in Nederlands liederlik vloek en dan heel vriendelik in Engels gesels en dan verder in Nederlands slegsê. Daai knaap was by Grote Markt toe ek en Margie sit en koffie drink het.

Nommer drie was die 'Spitter'. Hom het ek en Laura gister op die trein raakgeloop. Ons was onderweg na Tilburg en by Dordrecht het 'n interessante karakter opgeklim en op die sitplek aan die anderkant van die paadjie van ons kom sit. Hy het so half hygend asem gehaal en ek het klaar gedink oe oe oe, maar het nie eens in sy rigting gekyk nie. Die vibes was net vreemd.

Net buite Dordrecht ry ons toe by 'n pragtige begrafplaas verby. Regtig mooi. Oud. En ek en Laura kyk daarna en bespreek hoe ons dit graag sal wil besoek, want dit is so mooi; die ou begrafplase. Nuwe begrafplase interesseer ons nie regtig nie, want die grafte is bietjie boring, maar die ou begrafplase is wel te besoek.

Toe bulder die ou van oorkant af dat ons hom 'disgust' en hoe durf ons so van die dooies praat. Ons kyk toe in sy rigting om seker te maak hy praat wel met ons en nie met sy foon nie en Laura het lank genoeg gekyk om te sien hy het 'n traan onder sy oog getattoeëer. Ek het net geglance. Ons ignoreer hom toe en praat verder. Toe vlie hy op en ek kon sweer hy gaan vir Laura slaan, maar hy spoeg toe so 'n groot sluk pienk yogisip tussen ons twee deur teen die ruit vas en storm weg met vloeke en skelle van hoe ons hom disgust; so al asof om in die openbaar mense te probeer spoeg nie disgusting is nie.

Ek sit en sif toe nog in skok deur my moontlike reaksies, toe sê Laura heel rustig: That boy has issues.

Nou ja, toe moes ek maar ontlont en met haar saamstem. Ek wonder wat ek sou maak as hy ons fisies sou aanval of sou raakspoeg. Aan die een kant hoop ek ek sou 'n tierende vegter wees, maar ek weeg actually nie of ek myself tot op daardie vlak sou laat daal het nie. Bly ek hoef nie uit te gevind het nie.

Wednesday, January 11, 2012

Nelle in 'Red, Yellow, Blue...'

Sjoe, maar my hare het lank geraak.

Ha! Blou hare, rooi kamera en my geel geskryfde One Tequila, Two Tequila, Tree (sic) Tequila, Floor hempie. Daar was op 'n tyd 'n City Golf advertensie: Red Yellow Blue (not green), doobydooby doo... Om een of ander onverklaarbare rede is dit die beeld wat ek hier het.

Sunday, January 8, 2012

Nelle in Praag


'n Lekker egoïstiese blog die :) By die Dancing buildings - was yskoud daarso - ek het selfs twee sneeuvlokkies gesien

Op die Karelsebrug
Bo van die kasteel af

Wroem wroem



Saturday, January 7, 2012

Praag

Ons was in Praag van 2-6 Januarie. Dit was ongewoon warm vir die tyd van die jaar, maar ons het op die weervoorspelling gesien dat dit begin sneeu het die aand na ons daar weg is.
Die gebou was naby ons hotel en is met 'n loopbrug verbonde aan die swarte toring hier onder.

Praag is deur soveel lande oorgeneem en het die beste van alles behou. Hulle glaswerk; veral hulle kristalwerk, is besonders.

Oral deur die stad is kerke en losstaande torings. Dié torings is deel van 'n kerk, maar kon net so wel uit 'n Grimm of Disneyverhaal gekom het.


Die kloktoring waarin die astronomiese klok is. Elke uur is daar 'n klompie bewegende deeltjies. Death trek 'n tou met 'n klok aan en bo in die toring is daar trompetspelers wat in elke windrigting 'n deuntjie speel. Dan klap al die toeriste hande en koop Grog of warm wyn of warm sjokolade by die stalletjies reg langs die klok.

Ons het 'n toer in een van dié onderneem.

Die astronomiese klok.


St Nicholas katedraal wat nou meestal vir konserte gebruik word omdat dit so 'n uitstekende akoestiek het.

Tydends die wisseling van die wagte, is dit die manne se taak om die meegaande musiek te verskaf.

Die katedraal bo op die heuwel in die kasteelgronde


Die beeldjie het my breed laat glimlag. Dit is skitterend duidelik presies waar die toeriste hom aanraak.

Praag bo van die kasteel af. Ek vind die kleur van die dakke so mooi warm.


'n Interessante monument ter ere van Amerika. Dié is 'n 'baie, baie dankie dat julle ons nie platgebom het in die oorlog nie' monument. Amerika het wel iets soos 150 ton bomme op hulle losgelaat, maar dit was glo per ongeluk.

Die interessante beweeglike beelde is besig om in 'n fonteintjie die vorm van Tseggië hulle ding te doen. As jy 'n seker nommer sms, sal hulle jou boodskap in die fonteintjie piepie. Of so hoor ek...

Die Karelsbrug en kasteel vanaf die Smetana-museum

Volgens ons toergids in die rooi kar, is dit hoe Praag sy naam gekry het. Blykbaar is die woord Praha (met nog 'n letter aan die einde) die Tseggiese woord vir drempel -" julle weet, daardie ding waaroor mens jou bruid moet dra as jy die huis binnekom..." Ek weet nie of die vroeëre brue dalk net drempels was nie.
Die komponis Smetana voor sy museum

Ek praat onder korreksie, maar ek dink dit is die kunsgallery die. Dit kan ook die groot konsertgebou wees wat in die middel 18 honderds gebou is en toe 'n paar jaar later afgebrand is en toe weer herbou is, wees.

Die stuk kuns los my met 'n magdom vrae...

Nog een van die waterdrempels

Roderick by die Dancing Buildings

Praag het met die Amerikaners onderhandel om nie gebom te word nie, want hulle het geen groot wapenfabrieke of so iets gehad nie. Die Amerikaners was wel onderweg om 'n ander stad, Dresden, te gaan bom en dit was 'n bewolkte dag. Een van die vlieëniers sien toe skielik tussen die wolke deur 'n stad langs 'n rivier (90%van Europa se stede?) en laat los toe en toe hy sy bomme laat val, toe swik 'n paar ander ook onder die groepsdruk. Hierdie gebou is op een van die platgebomde sites gebou.



Die is 'n kloosterhotelletjie.

Hierdie toring is wel nou aan geboue vas, maar dit lyk soos een van die menigte losstaande torings in die stad. Ek is nuuskierig wat hulle funksies was.

Die toring by die Karlsbrug

Een van my 'regrets' is dat ek nie in hierdie begrafplaas ingegaan het nie. Dit is die ou Joodse begrafplaas en die grafte word geskat op 12-diep. Dit is in die middel van die ou Joodse buurt. Van die 150 000 jode wat daar was, is daar nou maar 3000. Ek weet emigrasie en alles moet in aggeneem word, maar vir my bly dit 'n ongelooflike hartseer stuk in die mens se geskiedenis.

Selfs die standbeeld in die joodse buurt lyk of sy gitswart huil

Die sinagoge gekoppel aan die Joodse begrafplaas.

Die onderste klok loop agteruit, want die (joodse) klokmaker, het gereken die mens se lewe gaan te gou verby. (Onderstebo gesien, is die klok wel korrek.)

Bo-op die heuwel, was 'n beeld van Lenin. Met die verandering in politiek, moet hy toe maar voete maak en is 'n metronoom daar geplaas. Miskien sinspeel dit op die feit dat die lewe regtig tydsgebonde is.

Ons het besluit om die trappies tot bo by die metronoom te klim om sodiende 'n mooi rivierfoto te kan neem.


Daar was 260 trappies tot bo. Ek het getel...

Soms sien ek iets wat my herinner daaraan dat ek nie op die oomblik in Suid-Afrika is nie. Die foto is een van daardie momente.

Langs die metronoom is 'n hele draad vol skoene; meestal die vorm sneakers. Miskien het hulle uit die mode gegaan.

Die klim na bo-op die koppie was die moeite werd. Is Praag nie 'n pragtige stad nie?

Die kasteel en katedraal bo van die koppie af.

Ons het in hierdie kelder-restaurant gaan middagete nuttig.

Al hulle tradisionele etes is swaar wintergeregte. Die tyd van die jaar het ons nie omgegee daaroor nie.

Hierdie soet broodjie-worsie-goete was heerlik. Die kaneel daarop laat mens aan pannekoeke dink.

Ons het 'n glasblaser besoek. Ek het gegrinnik oor sy 'beskermende klere'

Roderick se meesterstuk was orgaanvormig.

Die beeld was ter ere van Mozart se Don Giovanni wat vir die eerste keer in die skattige teater hier onder opgevoer is. Many, many moons ago.


Roderick met al ons bagasie. Ons het die keer ietwat ligter as normaal gereis. Dit het fantastiese voordele - soos dat mens baie later by die lughawe hoef op te daag.

Praag in die nag

My aandete. Vis met tomaties en kaas en ander heerlikhede

Roderick se vark-gereg met dumplings

Tseggiese koruna
Ons rekening die eerste aand