Wednesday, July 29, 2009
Nele se op
Vandag is ek te lui om 'n hele blog uit te tik. So ek c&p dit sommer so reguit uit die nuusbrief uit.
Ek was gister in vir 'n operasie. Niks vreeslik ernstig nie. Hulle wou kyk waarom ek nie swanger raak nie. Die dokters in Nederland is 'n rare klomp. Jy boek sommer by jou kamer in die hospitaal in en dan moet jy daardie verskriklike rokkie aantrek wat voor darem bietjie langer as agter is. Nes jy visione gesien het van hoe jy kaalstert in die gange gaan moet afloop, laai hulle jou darem in jou eie bed en wheelie jou na die operasievloer en -saal toe. Daar los hulle jou in iets soos intensive care, want dis ook waar die mense wat klaar geopereer is, moet wakker word. Ongelukkig moes ek my bril bo los, so van daai saal kan ek nie veel vertel nie. Dan, wanneer jou blaas wil bars, ry hulle jou operasiekamer toe. Ek het gedink dit sal soos in die flieks wees. Hierdie strakke saal met vensters sodat die getraumatiseerde familie van buite af kan instaar hoe jou hart uitgehaal word. No such luck. Dit lyk sommer soos 'n gewone ondersoekskamertjie, behalwe vir die groot lig bo die verskriklike smal bedjie. Die vorm van die lig het my aan 'nkonglomeraat van die spieels by Sutherland se teleskoop laat dink. Daar moet jy self met kale agterent oorklouter op die operasiebedjie. Wanneer ek mooi reguit le, pas my boude en skouers net-net. Daar is nie eens plek vir mens se hande nie, maar daar is mos gelukkig die armleunings waarop die moet rus. Ek het seker 'n kwartier daar op die bedjie gele en gesels met die nursie en die student-ginekeloog het homself aan my kom voorstel. Heel vriendelik gevra waar ek vandaan kom en toe bietjie oor SA gesels. Toe kom die narkotiseer en hy het 'n bangmaakgesig. Hy het my vertel hy het in SA gewerk, maar voor hy Nederlands kon praat, en moes dus in Engels en Zoeloe werk. Toe spuit hy iets in my drip in en ek weet nou nog nie wat sy eintlike nasionaliteit is nie.
Die volgende wat ek van weet, was ek terug in die intensive care kamertjie en dit kon 'n kwartier, 'n uur of 'n dag gewees het voor ek uiteindelik by genoeg was om te weet ek gaan terug kamer toe. Oppad terug kamer toe het Rods by ons aangesluit en toe doedoe ek verder. Nog 'n ruk later het hulle my roomy daar ingewheely en was sy nou chirpy. Ek wou net slaap en sy gesels land en sand met die nursies, met haar man, met haar ma oor die foon. Ek dink nie narkose het enige effek op haar gehad nie. Mind you, ek het die twee aande voor die operasie maar sleg geslaap, so dalk het dit my toe ingehaal. Ek is 8uur geopereer en kon eers na 3 'n volsin praat. En ek is nou nog nie seker in wat se taal ek gesels het met wie ek voor dit het nie.
Die Nederlanders glo nie aan medikasie nie. Ek het 2 panado's gekry wat ek net voor die op moes sluk. Mens kry ook nie medikasie om huistoe te vat nie. Wat aan die een kant vir hulle 'n klomp geld spaar en aan die ander kant vir my in die middernag ons medisynekassie laat raid het. Ons is met die trein en trem huis toe. Die laaste stukkie het ons gestap en dit en die 33 trappies tot bo in die huis het my lights-out gehad. Wat goed was, want toe slaap ek heerlik. Vandag voel ek darem weer mens. Bietjie lyfseer, maar mens.
Die koolstofdioksied waarmee hulle mens se maag opblaas om beter daar binne te kan rondgrou, los residue agter al blaas hulle jou darem meestal weer af. Ek het nog steeds die oulikste boepie. Van die gas druk hier bo teen jou midrif en dit het die snaakse effek om jou skouer heeltemal lam te maak. Soms beide, maar gewoonlik net een (die regter). Dis ietsie van 'n probleem, want ek slaap graag op my maag of as tweede opsie op my regtersy. Maar nou ja. Die dokters reken die skouerpyn hou net 2-3 dae tot al die gas weer geabsorbeer is. Mens kan net hoop.
Ek lees nou al lank na oor fertiliteit. Vyf jaar. In 40% van die gevalle, kan 'n couple nie swanger raak nie oor ietsie fout is by die man, in 40% oor ietsie fout by die vrou en in 20% van die gevalle is daar geen mediese verduideliking nie. Wel, lyk my ons is val in die 20% kategorie. Ek het nou skrape en rate gehad, hormoonbehandeling ondergaan en nou 'n operasie as 'n laaste verduideliking gehad. Die dokter het my heel vrolik kom vertel dat alles hunkydory is met my ingewande (behalwe nou dat hulle seer en gepuncture is). Dit was nie vir my goeie nuus nie, want as daar iets fout was, kon hy dit regmaak. Nou moet ons vir in vitro behandeling gaan. Maar darem eers 'n ander maand. Ek moet nou eers weer heel word. Emosioneel seker ook. So 'n affere tap mens maar.
Vandag drizzle dit hierso. Die die ideale dag om tuis en in die bed te bly en ek dink dis presies wat ek vandag gaan doen.

Monday, July 27, 2009
And if I die before I wake...
I pray the Lord my soul to take
Ek gaan more vir 'n operasie. Soos Roderick dit gestel het Om my sparkplugs te check om te sien waarom ek nie vat nie. Wel, dit som dit omtrent op. Maar nou het ek heel morbiede gedagtes. Wat as ek nou nie weer wakker word nie? Die kans is skraal dat ek nie gaan wakker word nie, maar die kans is ook skraal om te dooi as jy in jou motor inklim, maar dit gebeur wel.
Wel, first things first. Bly tog waar julle is. Niks se ge-oorvliegery hierheen nie. Nie dadelik nie ten minste. Later kan julle by Rods kom kuier. Maar bel hom en mail hom en sy ma mag wel oorvlieg. Nou daar's diskriminasie vir julle.
Wie ook al organe soek, kan dit kry solank hulle dit nie self kom afsny met 'n mes en vurk nie. Daarna wil ek veras wees. En los my net daar waar ek veras is. Ek weier om iewers in 'n urn te sit. Ek is mos nie 'n genie nie. (En as ek een was, sou ek 'n nasty een wees...)
My blog kan julle maar versprei en bind en 'n kopie vir my pa gee, maar maak heeeeeltemal seker ek is dood voor julle dit doen, want ek het iewers laasjaar oor die naak-strand geskryf en hy is 'n ou man en sy gesondheid is nie meer so goed nie... My sussie kan al my juwele kry (jammer Juanie) so sy sal 'n draai in Europa moet kom maak.
Daar moet 'n nagedagtepartytjie wees met groot hoeveelhede jellie en sjokolade en tee met melk en suiker in. En moenie worry nie, ek sal julle een-een kom haunt. Wonder of ek as spook net so nuuskierig sal wees as wat ek as mens is. Een manier om uit te vind - en hopenlik nie more al nie.

Thursday, July 23, 2009
Tuesday, July 21, 2009
Kruisbessen
Die is die wonderlikste klein vruggies. Hulle het rye swart pitjies binne-in, groei aan 'n ranker, vlek jou duimnael rooi wanneer jy die velletjie aftrek en proe na pruime. Die Nederlanders noem die smaak ouderwets fris - dis nou toe ek wou weet of dit soet of suur is. Ek wonder hoe moderne fris smaak.
Sunday, July 19, 2009
My sparklies
Die groen malagiet-hangertjie het Roderick vir my by die Grahamstadse kunstefees gekoop nog voor ons getroud is. Dis nou ook al 'n paar jaar terug. Die pragtige filigree hangertjie voorop, is uit Israel en sover ek weet, is dit Israeliese jade daarin. Maar ek praat onder korreksie.
Alles en nog wat. Die hangertjie met die snowflake obsidian is van Madri. Die hematiet hangertjie met die kruis is in Johannesburg gekoop terwyl die mooi Afrika-motief een 'n geskenk vir my 31ste verjaarsdag was van Ruby en Deneys. Die plain hematiet hangertjie kom van Bloemfontein se kunsmark af.
Something old, something new. Die hangertjie het ek die naweek weereens by 'n vlooimark by 'n Indiese man gekoop. Dit maak nie vas nie, maar haak net om jou nek. Die armbandjie is filigree silwer, maar ek het die steen se naam vergeet. Dit is uit Israel en was eers Roderick se ma s'n.
Die vrolike kraletjies, is van Juan-Marie en is heerlik vir Nederlandse feeste. Die kruisie het ek nog as student by Topics gekoop en die katoog-armbandjie hier in Nederland. Die lang hangertjie, is stukkies glas wat ek 'n paar jaar terug op 'n vlooimark gekoop het met die idee om dit vir Nicolene te gee om vir my iets moois mee te maak. Tot ek eendag by haar uitkom, dra ek dit net so. Die hangertjie met die vier druppeltjies het ek Saterdag vir 'n euro by 'n straatmark voor Lidl raakgeloop.
Die vrolike blommetjies kom uit die Chinese vlooimark (Asian city) in Bruma (Johannesburg) die middelste armbandjie is my gunsteling stuk juweliersware en is 'n geskenk van Roderick se ma. Dit is meksikaanse silwer met granaatsteen. Die onderste een is 'n katoog-albaster.
Die reguit tieroog armbandjie is op ons wittebrood in die Krugerpark gekoop, die bosserige tieroogarmbandjie kom vanaf 'n straatstalletjie in Brussels. Die twee sonsteen hangertjies is van Nicolene en die groot skitterende stuk in die middel van die Haagse markt.Alles en nog wat. Die hangertjie met die snowflake obsidian is van Madri. Die hematiet hangertjie met die kruis is in Johannesburg gekoop terwyl die mooi Afrika-motief een 'n geskenk vir my 31ste verjaarsdag was van Ruby en Deneys. Die plain hematiet hangertjie kom van Bloemfontein se kunsmark af.
Something old, something new. Die hangertjie het ek die naweek weereens by 'n vlooimark by 'n Indiese man gekoop. Dit maak nie vas nie, maar haak net om jou nek. Die armbandjie is filigree silwer, maar ek het die steen se naam vergeet. Dit is uit Israel en was eers Roderick se ma s'n.
Die vrolike kraletjies, is van Juan-Marie en is heerlik vir Nederlandse feeste. Die kruisie het ek nog as student by Topics gekoop en die katoog-armbandjie hier in Nederland. Die lang hangertjie, is stukkies glas wat ek 'n paar jaar terug op 'n vlooimark gekoop het met die idee om dit vir Nicolene te gee om vir my iets moois mee te maak. Tot ek eendag by haar uitkom, dra ek dit net so. Die hangertjie met die vier druppeltjies het ek Saterdag vir 'n euro by 'n straatmark voor Lidl raakgeloop.
Die vrolike blommetjies kom uit die Chinese vlooimark (Asian city) in Bruma (Johannesburg) die middelste armbandjie is my gunsteling stuk juweliersware en is 'n geskenk van Roderick se ma. Dit is meksikaanse silwer met granaatsteen. Die onderste een is 'n katoog-albaster.
Pearls of wisdom. Meeste van die is deur Nicolene vir my gemaak, maar my trou-pereltjies is ook daar tussenin. Die mooi gekleurdes is van twee Saterdae gelede se kunstmarkt in Fahrenheitstraat.
Oorbelletjies. Die olifantjies is van Madri van 'n tyd voordat sy self begin juwele ontwerp het. Die roosmaryn-klippie is al wat ek oorhet van 'n koppie vol klippies wat ek destyds op die Bloemskou gekoop het.
'n Gold-plated regte akkertjie van Kew-gardens in London. By Jonathan gekry en ek dra dit bitter selde oor dit so breekbaar pragtig is.
Simbool van my liefde.
Mens sou dink dat die blink en vrolike goedjies stilsit en dus maklike teikens is vir fotografie... Watwou! Maar hulle is lekker om mee te speel, lekker om uit te kies, lekker om te dra en lekker om te fotografeer. My preciousenesses
Saturday, July 18, 2009
Verlange na 'n klavier en sy speler
Ek mis vandag 'n klavier. Nie net 'n keyboard nie. 'n Volledige gewigte klavier wat die voorportaal vol staan. 'n Klavier waarop ek my buie kan uitspeel. En ek mis my ma wat ook haar buie op die klawers uitgehaal het. Ek dink aan Chopin se Waltz no. 1 in Eb, Op. 18 en aan Die slawekoor van Nabuko wat my ma so mooi kon speel. Ek dink aan nog 'n Chopin nommer So deep is the night (Etude, Op. 10 No. 3 in E Major) en aan hoe sy as sy kwaad was Jesus neem die kleine kinders gespeel het. Gisteraand is die derde aand in 'n ry wat ek van haar droom. Dis nou al meer as twee jaar wat sy oorlede is. Die gemis raak minder, maar soms bereik dit weer 'n piek en ek weet dat hoewel ek self 'n klavier mis, dit my ma se hande daarop is wat vannaand die middelpunt van die verlange is.
Thursday, July 16, 2009
Kapoet
"Ai ek voel so lam en tam, so lam en tam, so lam en tam
Ai ek voel so lam en tam van al die was en hare kam"
Ek dink dis 'n aanhaling uit Boegoeberg se dam - wat volgens die liedjie 'n doodlekker (of volgens my kleinboet 'n dodelike) dam is.
Selfdiagnose is 'n gevaarlike speletjie. Ek weet nou al vir meer as 'n maand dat daar fout is met my. My maats en familie sal my nou vertel hulle weet dit al vir jare. Maar ersnstig nou. My maag is seer. Hy brand so 'n bietjie. Die res van die maag-area is teer. Ek kry krampe in my kuit, my voete brand as ek meer as 100m loop, daar is steekpyne in my arms en my rug bly uithaak, maar lg is normaal. My een knie en ander enkel raak heel pynlik as ek aan die loop kom. en my linkerarm en -been tingle en needles en pins as ek op my maag rus. Verder is ek ongelooflik bleek, kry so dan en wan 'n persoonlike hittegolf en dink aan naar raak (overgeven noem die nederlanders dit). En ek is moeg. Doodsmoeg - of is dit nou lewensmoeg? Plus hierby nog dat ek huilerig, uitgestress, kort van draad en slaperig is, en ek op my eie is genoeg materiaal vir 'n meestersgraad tesis.
Natuurlik het ek al my simptome in Google gaan intik. Volgens die slim omie kan ek enige van 'n klomp onuitspreekbare meestal genetiese siektes, tot depressie tot burn-out onder die seer knie he. Daar is selfs 'n paar opsies vir die beter knie - soos ystertekort byvoorbeeld. Na al die wyshede van die internet, het ek myself gediagnoseer met ystertekort en as gevolg daarvan 'n bietjie burn-out - maar net 'n bietjie... hoop ek.
More maak ek 'n draai by die dokter. Die afspraak is al twee weke gelede gemaak om moesies onder my arm af te vries. Skeer raak interessant so al om hulle. Ek wil sommer dat hy na van die in my nek ook kyk. Hulle het van kleur verander en ek is bietjie paranoies oor ek al soveel keer verbrand het. Darem net bruin en pienk ipv die regtig gevaarlike bruin en swart. Waarby ek eintlik 'n paar sinne gelede al wou uitkom, is dat ek die arts gaan vra om sommer 'n ystertoets ook te doen.
Dan weet ek.
As ek reg was, kan ek myself op die seer skouer klop en wonder waarom ons nog dokters aanhou (behalwe dat hulle moesies afbrand en yster toets). Is ek nie reg nie, sal ek seker maar van voor af vir oom Google gaan deursif vir 'n ander geinspireerde selfdiagnose - of dalk net die keer reg van die begin af die dokter vra.

Tuesday, July 7, 2009
Julle wil wat?
Ek het vandag 'n gesprek met die narkotiseer gehad. Dit was insiggewend en angswekkend. Die hele proses is mooi aan my verduidelik. Eers is ek vertel ek moet nugter daar opdaag. Nadat ek begin giggel het oor Dutch Courage het ek besef die vrou praat van 'n nugter maag. Ek mag wel helder vloeistowwe drink: water, tee sonder melk, maar wel met suiker, appelsap. Na die gesprek dink ek heel ernstig aan die feit dat vodka ook helder is... So much vir nugter.
Hulle gaan my narkose en 'n spierverslapper ingee. Dit laat my dink aan die quote van never drink a laxative with a sleeping pill... Die spierverslapper is so sterk dat dit nie net my bene, maag en arms pap gaan maak nie, maar ook my longe gaan laat ophou werk. Oh joy... Terwyl 'n masjien dan deur my keelgat vir my moet asemhaal, kry ek 'n kateter, 'n gat in my vinger om suurstof in die bloed te meet en drie gaatjies in my buik. Deur die gaatjies word my maag dan opgeblaas. Hulle wil natuurlik sien of ek darem op estetiese vlak die mas sal opkom as swanger vrou. Terwyl ek dan daar met my bollebuik slaap, gaan hulle allerhande toetse doen, gaatjies druk en vir my bloukolle besorg. In die proses, so het hulle belowe, sal hulle probeer om my kroon (die een in my mond) onbeskadig te hou. Om een of ander rede troos dit nie. Ek moet ook nie worry as my boep na die tyd nog wie weet waar staan nie - hulle probeer meeste van die gas vrylaat, maar as dit nie geluk nie, behoort dit na 'n dag of drie te sak.
Na die hele vertelling, word ek toe gevra of ek senuweeagtig is! Angsbevange, siek geworry, bloeiende maagseer stres, demmitm wat dink hulle? Natuurlik antwoord ek toe nee. My ma maak mos nie openlike lafaards groot nie.
Maar ek dink ernstig aan daardie Dutch Courage...

Friday, July 3, 2009
Donuts vir muise
Ek het oorweeg om die blog Wys jou mys te noem, maar toe besluit dat dit dalk ongewenste aandag sal trek... Ons huisie het sy eie muisie. Volgens Rods - ons enigste ooggetuie - is dit maar 'n klein dingetjie. Ek het al simptome van sy bestaan raakgesien: Gate in die kospakke, klein deposito's op die vloer en so aan. Dit pla my nie dat hy my pasta eet nie, maar ek weet nie of hy sy tande geborsel het, al dan nie.
Eers wou ons vir hom 'n jeep koop, maar toe is ek herinner daaraan dat daar meer menslike maniere is en hoe langer ek daaroor gedink het, hoe meer het ek geweet dat ek nie die dingetjie wil doodmaak nie. Siestog, hy is ook dalk soortgelyk aan PH Nortje se reier-storie, 'n wilde, getroude muis. Ek was dus nogal bly toe ons vandag die vangkuil opspoor. Slaap rustig, gewete...
Vannaand probeer ek die kontrepsie aan my sussie verduidelik. Dit lyk soos 'n sirkel, maar net 'n halwe een. So groot soos 'n kleinbortjie, beduie ek uit die bad uit. Sy is lankal in die bed en die soort gesprekke gaan gewoonlik gepaard met 'n klomp uhms en o's. Soos 'n halwe sokkerbal? vra sy. Slim sussie die een van my. Goeie begrippe en halwe woorde. Meer soos 'n donut, verduidelik ek en sy begin giggel oor een van die dokters by die hospitaal waar sy werk, vir 'n pasient 'n donut gegee het in plaas van pille. As ek daai ou was, sou ek juis nie kla as dokters aan die staak gaan nie. Met daai een uit die pad uit, is die hospitaal dalk 'n veiliger plek.
Maar nou sit en wag ek redelik ongeduldig vir ons huismuis om te gaan nesskop in die donut. Dan neem ek 'n foto voor ons hom gaan vrylaat; dan wys ek ons mys...
Wednesday, July 1, 2009
Die huistoe pad
die huis-toe-pad is die pad wat jy vat
as jou siel verdor, maar jou oë bly nat
en jy loop, maar jy weet jy't die koers vergeet-
lê die huis-toe-pad tussen hoop en weet
maar die huis-toe-pad is 'n donker pad
dis 'n opdraend-pad, dis 'n dronkaardspad
dis 'n rowerspad en 'n kronkelpad
want die huis-toe-pad is 'n kronkelpad
die huis-toe-pad is 'n ware pad
maar 'n nare en vol-gevare-pad
dis 'n sloop-maar-pad en 'n stroop-maar-pad
want die huis-toe-pad is 'n hoop-maar-pad

en die huis-toe-pad is 'n somber pad
dis 'n drink-en-'n-peins- en 'n wonder-pad
dis 'n sukkel en beur en 'n strompelpad
want die huis-toe-pad is 'n kronkelpad
die huis-toe-pad is 'n hartseer-pad
dis 'n enkelpad, dis 'n swart-leë-pad
dis 'n snags-aleen-deur-die-hoop-loop-pad
want die huis-toe-pad is 'n doodloop-pad
Koos du Plessis

Subscribe to:
Posts (Atom)