Ek mis vandag 'n klavier. Nie net 'n keyboard nie. 'n Volledige gewigte klavier wat die voorportaal vol staan. 'n Klavier waarop ek my buie kan uitspeel. En ek mis my ma wat ook haar buie op die klawers uitgehaal het. Ek dink aan Chopin se Waltz no. 1 in Eb, Op. 18 en aan Die slawekoor van Nabuko wat my ma so mooi kon speel. Ek dink aan nog 'n Chopin nommer So deep is the night (Etude, Op. 10 No. 3 in E Major) en aan hoe sy as sy kwaad was Jesus neem die kleine kinders gespeel het. Gisteraand is die derde aand in 'n ry wat ek van haar droom. Dis nou al meer as twee jaar wat sy oorlede is. Die gemis raak minder, maar soms bereik dit weer 'n piek en ek weet dat hoewel ek self 'n klavier mis, dit my ma se hande daarop is wat vannaand die middelpunt van die verlange is.
Saturday, July 18, 2009
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment