Ek het vandag 'n gesprek met die narkotiseer gehad. Dit was insiggewend en angswekkend. Die hele proses is mooi aan my verduidelik. Eers is ek vertel ek moet nugter daar opdaag. Nadat ek begin giggel het oor Dutch Courage het ek besef die vrou praat van 'n nugter maag. Ek mag wel helder vloeistowwe drink: water, tee sonder melk, maar wel met suiker, appelsap. Na die gesprek dink ek heel ernstig aan die feit dat vodka ook helder is... So much vir nugter.
Hulle gaan my narkose en 'n spierverslapper ingee. Dit laat my dink aan die quote van never drink a laxative with a sleeping pill... Die spierverslapper is so sterk dat dit nie net my bene, maag en arms pap gaan maak nie, maar ook my longe gaan laat ophou werk. Oh joy... Terwyl 'n masjien dan deur my keelgat vir my moet asemhaal, kry ek 'n kateter, 'n gat in my vinger om suurstof in die bloed te meet en drie gaatjies in my buik. Deur die gaatjies word my maag dan opgeblaas. Hulle wil natuurlik sien of ek darem op estetiese vlak die mas sal opkom as swanger vrou. Terwyl ek dan daar met my bollebuik slaap, gaan hulle allerhande toetse doen, gaatjies druk en vir my bloukolle besorg. In die proses, so het hulle belowe, sal hulle probeer om my kroon (die een in my mond) onbeskadig te hou. Om een of ander rede troos dit nie. Ek moet ook nie worry as my boep na die tyd nog wie weet waar staan nie - hulle probeer meeste van die gas vrylaat, maar as dit nie geluk nie, behoort dit na 'n dag of drie te sak.
Na die hele vertelling, word ek toe gevra of ek senuweeagtig is! Angsbevange, siek geworry, bloeiende maagseer stres, demmitm wat dink hulle? Natuurlik antwoord ek toe nee. My ma maak mos nie openlike lafaards groot nie.
Maar ek dink ernstig aan daardie Dutch Courage...

No comments:
Post a Comment