Wednesday, August 13, 2008

DNA vir aandete

Vandag het ek 'meegekijk' hoe om die sequencer te behartig. Ek dink nie dis so erg nie. Dis dan soos kook. As jy kan lees, kan jy kook. In teorie natuurlik. Jy moet nog steeds weet wat 'smoor' of in die werk se geval 'eppendorf' beteken. Wanneer my agterent wel sitgekry het, was daar geen rus nie. Ek moet, noudat my babysitter weg is, al die inkomende werk self op die rekenaar invoer en ek weet dit moet ten minste 100% reg wees. Putting the heat up a bit.

Dis omtrent tyd om die hitte in die kombuis ook te gaan opdraai. Was 'n lang dag en my maag begin wonder of my keel 'n lekasie het. Ek is bly om te rapporteer dat beide ek en Rods nou die ligste is wat ons in 5 jaar was. In teorie kan mens net new of improved wees. Na nog 10kg af herken julle ons dalk nie meer nie. Rods begin nou goed lyk. Amper te goed. As dinge so aanhou, sal ek my naam iewers op hom moet begin tatoƫer... Dalk net met 'n permanent marker skryf. Ek kan nie eintlik agterkom of hy eens weet dat ek gewig verloor nie, maar dis mos maar hoe mans werk; of so word ek verseker.

Nou toe, laat ek gaan groente (sug) kook. Dis jammer mens kan nie in die lab ook die DNA-mengsels so met die oog skat en slegs 'n Knorr-pakkie bygooi as die nie heeltemal so lekker uitwerk nie.

No comments:

Post a Comment