Tuesday, July 27, 2010

Onderweg naar nergens

Skoenlappers - fragile things



Vertroue


In die publieke damestoilette op Leiden stasie

Blommetjies


Power tools

Want dit is immers somer hier...
Die is fantasties vir frozen yoghurt. Mens koop doodgewone joghurt in 'n kleur en geur wat jou beval, giet dit daarin, en 10 minute later het jy 'n gesonde poeding. Die ander opsies, so het ek in die boekie gelees, is onder andere
  • Sorbet van avocado met krab
  • Sorbet van gerookte zalm
  • gefrituurde champignons met tomatensorbet
Ek was skoon verlig toe ek citroenroomijs raakgelees het.

Saturday, July 24, 2010

Steeds vlytig

Romp met korset
Close-up van die materiaal

Die is miskien 'n Simplicity patroon, maar daar is niks makliks aan die maak nie. Die romp is bv nou eers halfpad. Dit moet nog 'n ingeboude tulle-onderrok kry sodat dit mooi pof kan staan. As kombinasie het ek die twee materiale wat ek die meeste haat om mee te werk, gebruik: Satyn en organza. Maar die (half)eindproduk lyk fantasties. Nou moet die korset nog ogies (gaatjies) inkry... Rods...? die romp moet nog sy onderrok inkry en ek moet een of ander tyd slaap inkry.

Tuesday, July 20, 2010

met bene tot onder haar nek


My reisgenoot Maandag. Sy het haar mooi voetjies met die goue skoentjies wat by haar handsak pas, netjies oor mekaar gekruis en omtrent gesighoogte voor haar teen die plastiek wand van die wc laat rus. Ek het nou nogal 'n view gehad. Maar ek is bly om te kan rapporteer dat sy wel onderklere dra en dat daar nie 'n gram selluliet aan daardie twee mooi bruin bene sit nie. As myne so gelyk het, was die 'n foto van my op iemand anders se blog.

Gekruide kruie

Net 'n vermoede, maar ek dink nie die gaan in SA op die winkelrakke toegelaat word nie

Draak hakskeentjies

Met dapper en trapper

Om te bieg

Ek het 'n probleem met bieg. Want dit impliseer dat mens verkeerd is en ek is 'n Langenhoven-Barnard kruising. Ons is nooit verkeerd nie. Maar vandag moet ek bieg.

Vanoggend het ons soos gewoonlik trem gery. Die was 'n momentjie laat en het twee stasies voor Centraal gaan breek, wat beteken het dat ons moes overstappen en dat Rods nog 'n halfuur later vir sy werk was oor hy net-net sy trein gemis het. Dis nie waaroor die gebiegtery gaan nie.

Een halte na ons het 'n man en vrou ingeklim en skuins oorkant my gaan sit. Die vrou was middeljarig, die man nogal lelik. Hy het 'n vet frons gehad. Die vrou het saggies gepraat - net bo 'n fluistering. Die man het geirriteerd met haar gelyk, maar ook saamgepraat; meestal net ja en nee. En ek het ingeluister, want ek doen sulke dinge. Toe hoor ek sy praat Afrikaans. En ek skop so liggies aan Rods, maar hy luister sy ipod en ek luister Afrikaans. Sy vertel hoe sy 'n ekstra rekening wil oopmaak vir haar geld. Sy noem hoe mooi Nederland die tyd van die jaar is en hoe lekker warm die dae word. Sy herinner hom daaraan dat hulle agter by die trem moet uitklim op Centraal station sodat hulle maklik hulle trein kan bereik en sy hou hulle reiskaartjies gedetermineerd vas, kyk daarin om seker te maak dat dit goed is. En ek luister in op die fluistergesprek.

By MCH toe die trem stilstaan, leun ek oor.

Hi, se ek, ek hoor julle praat Afrikaans. Woon julle hier of is julle op vakansie?

Excuse me, antwoord die vrou. Can I help you?

O, antwoord ek, Are you English? Maar ek weet hulle het nie Engels gepraat nie.

Nee, vertel hulle my, hulle dog ek praat Engels met hulle. Maar hulle antwoord in Nederlands, nie in Afrikaans nie.

Ek vra toe maar om seker te maak of hulle dalk Afrikaans is en hulle kyk my aan asof ek heeltemal gek is en se hulle is Nederlanders.

Gelukkig breek die trem toe op die volgende halte voor ek van skaamte sterf.

Nou loop ek vandag met die verskillende scenario's in my kop rond. Eerstens kan hulle regtig Afrikaners wees wat hulle om een of ander rede probeer grand hou. Dit was vir my nou nogal 'n waarskynlike scenario, want dit sal verklaar hoe ek reg was. Tweedens kan hulle non-native Nederlanders wees wat dus foute soos 'ek is' en 'ons' ipv 'wij' maak - want dit is waarop ek my aanname dat hulle Afrikaans is (dit en die klank van die gesprek) gemaak het. Derdens kan ek verkeerd wees. Kon ek verkeerd gehoor het, kon ek skeef onthou het. Kon ek, net oor ek hulle Afrikaans wou he, self die regte woorde ingevul het.

Die kans dat hulle hulleself as Nederlanders gaan voordoen, is - hoop ek - skraal. Anders gaan ek aan Anne Frank se innerlike goedheid van mense moet begin twyfel. Daar is 'n klein kans dat een van hulle dalk 'n allochtoon kan wees. 'n Uitlander wie se taalklank skrikwekkend op Afrikaans klink. Of ek is verkeerd.

Ek moet bieg. Ek dink ek het vanoggend 'n reuse fout gemaak. En die besef dat ek kan foute maak met iets so fundamenteel as taal, worry my geweldig. Want hoeveel ander foute maak ek dan nie?

Monday, July 12, 2010

Flitsbeelde by die stasie

Die kiosk-werker het ernstig vir Rods vertel dat die treine dalk gaan ophou werk laatmiddag, want daar is 'n bliksem wat besig is om die elektriese kabels - en dalk die treine self - te slaan.

Yum

Een van hulle ander posters vertel mens Wanneer 'n vloek vallen, breek iets.


Die Metro en De Pers se voorblaaie vandag. Wat sielig.

Location location location

Die groen en swart rok in wording



Vannaand was daar nie regtig tyd vir te veel naaldwerk nie - ook nie tyd vir die regte kamera uithaal nie. Die groen is bietjie groener, die swart - wel, die swart lyk ten minste reg. Work in progress.

Vir 'n wintersdag

En hier begin ek toe wraggies op my oudag met 'n breiery ook...

Sunday, July 11, 2010

Biologiese eierdosies

Eindstryd


Ek reken na vandag - dis nou halftyd en die telling is 0-0 - gaan die vlaggies weer af en verdwyn al die sokker spullen uit die winkels uit. Maar die WK was 'n vreugdetyd hier in Nederland. Iets om te meeleef.

'n Kreatiewe nawekie





Daar is 'n pluspunt daarin om bietjie boos te word; dit gee mens sommer ekstra energie. Ek is besig met 'n fantasie jurk - 'n fantastiese jurk. Nie net wil ek die rok klaarmaak nie. Dit moet ook voorsien word van 'n lekker wye uitskop onderrok.

Ek het net nie 'n idee hoe om die foto's te draai nie...

Wednesday, July 7, 2010

Tuesday, July 6, 2010

Tuttige tee


My dienbladjie by die werk wat tot groot vermaak van my kollegas lei.

Sunday, July 4, 2010

De vlaggetjes blijf hangen





Met Nederland wat Brazil huistoe gestuur het, mag die oranje vlaggies darem tot (ten minste) Dinsdag wanneer hulle teen Urugay speel, bly hang. Klink my die Nederlanders is maar onvergewensgesind. As hulle span verloor, word die kilometers en kilometers vlaggies vinnig vinnig uit die strate verwyder, word die oranje T-hemde, hoedens, leeu-ore en toeters weggepak en kom die eers weer op Koninginnedag tevoorskyn - of wanneer die water onder die brug deur is en die span weer speel.

Saturday, July 3, 2010

Friday, July 2, 2010

Twinkle twinkle op die nuwe klavier

Dansies by die LUMC bbq

Roland


Met die klap oop pas dit steeds mooi voor die kaggel-rak


Daar is ongelooflik baie voordeel daarin om 'n poor defenceless female te wees... Eerstens dra die manne in die patriotiese oranje hemde die klavier teen die trap op en daarna sit hulle hom selfs aanmekaar vir mens...

Ek blog later weer. Nou gaan ek speel :)

Zeplin



Bo uit Thinus se woonstel geneem. Dit het so rustig reg bo ons verbygevlieg.

Die lappop