Sunday, March 20, 2011

Dagje Brussels

Ek en Laura is Saterdag Brussels toe. Na 'n heerlike treinrit en baie geloop, het ons by die oudste kerkie in Brussels opgeeindig; 'n gotiese gebou halfpad teen die bult op paleis toe. Die plek was vervalle en ek is met 'n oneindige hartseer gevul daaroor. Terwyl ons binne was, het die orrelis geoefen, maar sy spel is uitgedoof deur 'n pienk koper-orkes buite.

Ek weet niks is vir ewig nie, maar as die binnekant van 'n kerk so lyk, breek dit my hart.

Vrolike pienk orkes

Oorblyfsel van een of ander muur. Ek is nuuskierig wat die was toe dit nog heel was.

Kuns studio

Winkelvensters in 'n vrolike arty farty straatjie


Wanted man - ook bekend as Vader Krismis

Straatkuns
Voetgangers en toeriste aan die toekyk hoe 'n straatkunstenaar 'n skildery teen superspoed vervaardig


On the job. Dit was bietjie weird om Afrika krygers in Brussels te sien. Ek vermoed hy sou meer verkoop het as hy sjokolade geverf het...

Ek woon nou al byna drie jaar in Nederland, maar ek kan nog steeds nie daardie woord uiter sonder om bloedrooi te bloos nie. Sex kitten klink net soveel eleganter...

Pienk orkes in Brussels



Ek hou van die swanger enetjie voor regs. Ons het die orkes raakgeluister Saterdag in Brussels. Ek weet nie wat hulle gesing het nie, maar dit was vrolik.

Sunday, March 13, 2011

Verbetering

Ek sit en speel nou al vir 'n paar jaar met die gedagte aan 'n PhD. Om Dr voor my naam te mag skryf. Op skool was dit my wens, my droom en my enigste ambisie. Ek wou gaan medies swot. Ek sou 'n Dr Barnard wees. Soos die hartchirurg. Ek sou mense help. Ek sou lewens red. Ek sou goed wees daarmee. Ek sou net so 'n klein-klein bietjie snobisties wees. En toe word ek natuurlik nie gekeur nie. My wereldjie het uitmekaargespat. Maar daar was 'n opsie. As ek my eerstejaar BSc biologies goed deurkom, kon ek keuring kry... So ek is Bloem toe. Ek sou hard werk, ek sou keuring kry, ek sou 'n dokter word... Wel, ek moes Chemie 124 herhaal, so daai een het ook nie gebeur nie.

En toe neem ek as tweedejaarsvak genetika en dit maak nuwe werelde vir my oop. Dit was fassinerend, interessant, nuut. Nuwe tegnologie, nuwe denkrigtings. Ek was hook line en sinker gevang - in so 'n mate dat ek aan die einde van my Honneurs nie weer aansoek vir medies gedoen het nie. As mens 'n honneurs het, kry jy outomaties keuring vir medies, want dan het jy bewys dat jy die werkslading kan hanteer.

Nou, wanneer een van my kollegas promoveer (dis wat hulle dit hier noem) kry ek nog soms so 'n momentjie van twyfel. Moet ek nie dalk maar... En dan kyk ek na wat hulle moet doen. Geen meer labwerk nie, geen meer eksperimentjies nie. Hulle word in leidinggevende rolle ingeprop, as hoof van 'n navorsingspan, as mentor vir studente, as pennelekker (of wat die 21ste eeu se woord daarvoor ook sal wees.. muisstoter?) as skrywer van artikels van wie ander mense die lekker labwerk moes doen. En dan glimlag ek en feliciteer hulle en reken ek kan sekerlik nog 10 jaar my labwerk geniet voor ek so iets aanpak. Dalk aanpak. As ek dan lus raak vir vervelige werk.

Trip down memory lane

Die foto is in 2007 geneem. Ek het die gewoonte gehad om saans, as ek van judo af teruggekom het, my ma te bel. As ek dit gewaag het om op die vloer of bank te gaan sit, was al die diere op my. Dus het ek myself op die kas langs die ketel parkeer. Die kat het haar nie deur sulke kleinighede laat stuit nie - ook nie toe sy later groot genoeg was om 'n hele been vol te le nie... Ek mis my diere ongelooflik baie. Worry oor of hulle gevoed word, of hulle gelukkig is, of hulle liefgehe word. Worry oor of hulle my mis. Worry oor hulle my dalk glad nie mis nie. Wonder of ek myself ooit weer sal toelaat om troeteldiere te he.

Kunstige goeters en dingetjies

'n Bamboes keyboard

Rasta skape



Wereldglase


Amper soos wereldbekers

Rus by die stasie in Amsterdam

Kreatief in Amsterdam


Dis nogal ingewikkeld. Dit wat soos lint lyk, is eintlik 'n buis. Dit word aan beide kante vasgewerk en dan word 'n plat stuk balein daarin geskuif. Die is deel van Amos se projek. As ek vir myself balein gebruik, is dit vir korsette - nie vir moue nie.

Nie altyd net 'n toneelstuk nie

Friday, March 11, 2011

Hare








Daar is dae wat ek jammer is ek het dit afgesny...

Wednesday, March 9, 2011