Sunday, February 28, 2010

Selfvernietiging


Ek wonder as my man op 40 'n hartaanval kry, of ek myself sal blameer. Vir my self sal vertel ek moes seker maak dat hy gesonder lewe. Ek (wat self nie kan nee sê vir dit wat lekker en sondig is nie) moes hom gedwing het om groente ipv chips en vis ipv rooivleis te eet. Moes hom en my kicking and screaming op die smalle weg gebring en gehou het... Miskien is die ook maar soos geloof waar elkeen vir sy eie heil verantwoordelik is - of vir sy eie hel.

Friday, February 26, 2010

Middagete


Ek hou van hoe die lig vanaf die venster so mooi deur die helfte van die beker gaan. Die bekers het ek onlangs aangeskaf toe ek besef het 'n gewone teekoppie is te klein en 'n papbakkie net te lomp.

Om die sop self te maak is heel maklik. Mens vat vars (of soos vandag gevriesde) groente, gooi dit in 'n pot, braai dit sodat die smake kan trou, gooi kruie en 'n paar stock-blokkies of van daardie heerlike Ina Paarman groentestock by, gooi kookwater by en kook dit vir so 5 minute. Dan haal mens dit van die stoof af, dra dit na die stukkie langs die wasbak waar die thunderstick ingeplug is en zap dit. Dis nogal snaaks, want dit suig vakuum af bodem toe. En siedaar! Tuisgemaakte sop.

Ek reken mens kan aartappels, meel of selfs 'n ander soppakkie bygooi om dit dik te maak, maar die is die diëet variant.

aandete

Sunday, February 21, 2010

Die groot opwaartse trek



Om in het regent te moet trek, is nooit ideaal nie. Voeg by daardie sommetjie nog lang, regop , twee-verdieping-huise met kloustrofobiese nou trappies en dit raak 'n interessantheid om dop te hou. Om hier te kan verhuis, moet mens eers 'n vragauto huur, want bakkies is nie iets te vinde nie. Wanneer jou besittings by die nuwe huis opdaag, moet dit in die huis in. Onderste verdieping is nog ok-erig, maar wanneer jy enigsins van die nou trappies gebruik moet maak, kom jy vinnig-vinnig agter dat selfs 'n platskerm-TV nie lekker pas nie. So hierso, wanneer die groot trek moet plaasvind, bel jy iemand wat van glas weet. Die daag by jou plek op met sy lange leer met die elektriese hysbakkie daaraan vas. Eers word jou grootste sitkamervenster uitgehaal, dan word jou goed met die hysbakkie opgekarwei en aan die einde van die middag, met behulp van nuwe putty, sit hulle jou ruit weer terug.

Super pomelo



Volgens die mense wat weet, moet mens per dag 2-3 vars vrugte eet. Dit is alles goed en wel en lekker...maar hoe???

Saturday, February 20, 2010

Badgenoot


Dalk mooi, maar die gentleman eend swem nie so goed nie. Bly duik onder die water in en vir een of ander rede maak dit my senuweeagtig. Dis amper so erg as wanneer jou kat op die badrand kom sit en jou stip sit en aanstaar en dan uiteindelik afbuk en van die badwater sluk. Disturbing om die minste kwyt te raak.

Die verdomde prinses


Alle families versamel stories so oor die jare heen. Gesegdes waarvan die oorspronklike storie so mettertyd verlore gaan, maar die uitdrukking voortleef in die dag tot dag gesprekke. So is daar 'n niggie Rooikat juffrou by ons skool gewees. As iemand baie juwele aan het, praat ons van die vrou wat landuit vlug en ons weet om nie te staan en knoppies druk nie. (Moenie vra nie)

So vertel my pa se familie van 'n verstandelik gestremde dogter van bure van hulle. Die meisie kon goed doen soos die skottelgoed was en die hoenders kosgee, maar dit was omtrent die eindpunte van wat aan haar toe te vertrou was. Maar sy was versot op stories en het graag geluister na wat ook al vir haar gelees is.

Eendag kry sy toe dit groot koperpot om te was. En die ding moet geskrop word en gebrasso word. Gespit en gepolish. Uiteindelik is sy toe klaar met die pot en hang hom aan 'n haak naby die stoof op, kyk hom so aan en sis toe vir die pot: "Toe, hang nou daar jou verdomde prinses!"


Ek het na ek hierdie enetjie moes skoon brasso baie meer simpatie met die potskroppende Aspoestertjie.

Gebakken tonijn beeshaas


Tuna steak met pepersous en stokbrood. Heerlik! Gebakken hier beteken gaar. Dit kan in olie gebraai, in die oond gebak of op die stoof gekook wees. Dit was nogal snaaks om vis te bestel en te moes spessifiseer of dit medium of well done moet wees.

Sunday, February 14, 2010

Valentynsdag



As dit was hoe ek voor jou staan
wasig in 'n spieëlbeeld
of helder afgeëts
met belofterooi lippe
en die soortkleurige nousluitende top
sou jy ook onaangeraak voortgaan
terwyl elektronika die passie in jou aanvuur
en my onaangeraak laat
vir later
wanneer dit te laat is

Die ekstrovertiese manier



Mooi die - al lyk dit soos 'n klein vertoonarea van 'n kralewinkeltjie. Maar ek verstaan juis nou die skaam sjarme van dosies en trommels. Van dit wat verborge is.

Brrr


As oorlog interessant bedmaatjies maak, moet hulle die effek van koue bietjie inspekteer... Dié was regtig die beste van die koopopsies

Friday, February 12, 2010

Om beter te kan sien, my kind


Dis hoog hoog op my wish list. Eendag as daar tergelykertyd geld en tyd is, gaan ek my oë laat laser en daarna nooit weer terugkyk nie, so to speak. Nooit weer die opsie hê om agter my glase weg te kruip nie. Maar die wêreld met 'n oop gesiggie aanpak. Ten minste sien waar ek heen gaan. En oopoë in dinge kan inloop.

Herfs 2008

Herfs 2008

Rooi drup die blare en vermeng
met goue kombersies op die aarde
terwyl bome hul bedekkings verwerp
sonder skroom sonder waarde

My gedagtes val self oor kontinente
deur die nou, dit wat was
en dit raak-raak versigtig
aan die moontlike 'wat as'

"Dis futiel", merk die boom op
vol kennis, vol weet
"Bind jou kop aan jou lyf
hou gedagtes diskreet"

En ek luister en weeg
daardie raad van 'n boom
wat kan weggooi die sorge,
die pyn en die droom

Ek bly staar tot hy naak
en yskoud voor my staan
Hou die herfs in my hart
laat sy wysheid vergaan

Op - en soms onder of agter - my bedkassie lê 'n swart ongeliniëerde gedigteboekie. 'n Hartsboekie. 'n Visuele dagboekie. Hierdie juweeltjie het ek vanmiddag heel toevallig opgespoor terwyl ek op soek was na iets anders. Destyds was dit dalk te persoonlik om op my blog oop te vlek. Maar tyd genees nie net alle wonde nie - dit maak mens ook maar meer gewoond daaraan. En later... later word dit draaglik.

Bloed


Kom ek wees eerlik met jou
want dit is immers wat ons ons voorgeneem het om te wees
al is dit pynlik
al vereis dit bloed
want daar is genoeg ander leuens om mee saam te leef

Ek het gedink ek sou jou
verander
verbeter
Sonskyn in jou siel in lok
deur net in jou lewe te wees
deur net digby genoeg aan jou denke te dwaal

Hoe verkeerd kan mens wees?

Sunday, February 7, 2010

Makulu eiers


Volgens die internet, weeg 'n Large eier so 62g en as ek reg onthou 'n XL enigiets bo 73g. Hierdie twee dubbeldore het so net duskant 'n 100g elk geweeg. Die 10 eiers wat ek by die mark gekoop het, was dus omtrent 'n kg. Ek dink nie hierdie is die grootte wat Weigh Less in gedagte gehad het toe hulle 1 protein as 1 eier getel het nie.

Rods het empatie met die arme hoenders wat dese klein volstruiseiers moes lê...

Geluk en vrede

Natasha se rok

So 'n regte middeleeuse rok (jurk in Nederlands).

Mooi detail op die moue

Wanneer die patroon gevolg word, is die nek agter heeltemal te wyd. Dié is na die pylnate toegevoeg is tot die patroon

Die soom is laer agter as voor. Handig vir trappe klim.

Natasha se rok - the making of

Paspop. (Etage pop) Natasha is 'n entjie korter as ek en vir haar is die rok die regte lengte. Daar moes heelwat verstel word aan die neklyn en skouernate, maar andersins was die patroon perfek.

Great wall of china... Ek dink die soom het langer geneem om vas te steek en vas te stik as die res van die rok saam. Wel, naby genoeg

Patroon