Wednesday, August 31, 2011

Surfin' Scheveningen

Dit was ons jaarafluitingsfunksie begin Julie. (Die skooljaar hier begin ook na die somervakansie...) Ons judo-groep is Scheveningen toe vir 'n surfsessie.

My judo-pak was te klein en ek was nog nooit so selfbewus nie. Oor die vreemde grootte, het dit alles verplaas en verskuif en ek het ongelooflik exposed gevoel. (Kyk net my body language...)

Maar eers aan die gang, het dinge beter gegaan.

Aan't surfborden dragen. Ek dink nie daardie surfclub kon verder van die strand gewees het as wat hy was nie.

Oefen om te lê. Ek is goed daarmee.

Dapper die "branders" in

Voorbok

Hup oor die deiningtjie

Ek het net een maal so soortvan regop gekom op die surfboard. Dit was nie die keer nie...

Oppad terug. Lekker nat, lekker moeg... en ek sien die see het bietjie met my klere gespeel :)

Pofbroek

Ingeboude gel-kussing. Ek weerhou my van enige gedagtes aan 'Always'


Ek dink dat my nuwe fietsry broek een van die ongemaklikste dinge is om in mee rond te wandel. Maar dit is (glo) awesome op die fiets - ek moet nog uitvind. Wat my laat dink aan 'n skoolstorie.

Ek het by Elite begin werk en was seker so twee weke daar toe ek die personeelkamer instap met twee kollegas wat gesels. En ek hoor: "Ek kan nie glo jy het 30km sonder 'n broek gery nie!" Nou bekyk ek my uiters konserwatiewe kollega en ek kon dit ook nie glo nie, maar ek is te ordentlik om uit te vra. Later kom dit toe uit die twee van hulle het aan 'n fietsrykompetisie deelgeneem en die een het nie die juiste fietsrybroek gedra nie oor sy dit by die huis vergeet het.

Wel, tot vandag toe het ek my hele lewe sonder 'n broek gery...

Lunch

Ek moet onthou om van die Worcestersout te kry wanneer ek SA toe gaan. Dit gaan heerlik met alles behalwe tee saam.

Tuesday, August 30, 2011

Alles met rede



As ek so na die foto's van my en Laura kyk, moet ek wraggies nog heelwat gewig verloor... Dis moeilik om 'n maatjie te hê wie se fisiese voorkoms mens bietjie selfbewus laat voel.


Tuesday, August 23, 2011

Tell me if you want to see a world outside your window

"Tell me if you want to see a world outside your window; a world outside your window isn't free..." Tanita Tikaram

Monday, August 22, 2011

Vampire dress: Natasha's


Ek hou van die effek van swart organza oor rooi satyn. Dit gee 'n regte vampire effek. Dit help ook om die romp verder weg van die lyf te laat staan. Soos die romp hier is, is hy so halfpad klaar. Dit kort nog die net-onderrokke.

Klein stukkies detail. Die rooi van die materiaal is donkerder as wat my foon se kamera dit hier weergee.

Friday, August 19, 2011

There and back


Voor consumptie

Week drie van die diëet. Sover 3kg ligter.

Stalker koffie. Heeeeeeeerlik.

Squash wat ek by Natasha-hulle gekry het. Dit is 'n maaltyd op sy eie. Lekker geurig.

Soms is wat mens regtig nodig het, 'n skuimbad, kerse en rooiwyn. (Ok, Sangria)


Die was nie my ontbyt nie...

Thursday, August 11, 2011

Feetjies: Naughty and Nice


Ek is jammer my vlerkies wys nie regtig op die foto's nie. Hulle was ragfyn draad en goud gespraypaint. Pragtig.






Ons naughty fairy.
Ek is gek oor haar vlerkies.