Friday, April 30, 2010

Straatverkope op Koninginnedag

Straatverkope in Thomsonlaan. Die een dag in die jaar wat 'n groot klomp junk hande wissel.

Veral kinderspeelgoed word verkwansel - heel dikwels deur die kinders self

mooi kleurvolle mandjie

action figures: Dis nou poppe wat jy bang is om te cuddle

boekrakkies

ag hoe droewig voel die lappop toe sy alleen daar lê, want sy weet dat niemand ooit vir haar - vir lappop - meer wil hê nie

skatkis

gesinnetjie

Koninginne Avond in die Grote Kerk



'n Verwerking van Early one Morning - 'n Britse folk song

"Oh, don't deceive me; oh never leave me
How could you use a poor maiden so?"

Koninginne Avond in die Grote Kerk

Koninginne Avond in die Grote Kerk


Ek wonder hoe ek sou voel as mense so op my graf rond sit...


Die stukkie van die orkes wat ek van my sitplek af kon sien

Dordrecht op Koninginne Avond

Vir land en kerk






Die beiaardier (iemand wat kerkklokke bespeel) en 'n trompet-groep het allerlei liedjies gespeel voor die simfonie konsert in aanvang geneem is. Die eerste wat ek herken het, was die Duitse liedjie Lorelei. Die tweede het my aan die giggel gehad, want ek ken dit net as Hitler has only got one ball (Ek het gou gaan google, die lied is Colonel Bogey March). Die beste klank was van buite die gebou. Hier is 'n kort video met net die klokke.

Laatmiddag op die tremhalte Goudenregen

Gereinigd



Die kamerjas is van so 'n supersagte materiaal (Gesina noem dit marshmallow materiaal) - een van daai wat mens oortuig om nie 'n toon by die deur uit te sit nie, maar liewers heeldag in jou sagte witheid in die bed te bly. Ok, miskien selfs op die bank.