Sunday, May 1, 2011

Koninginnedag naast de water







Koninginnedag op die water


File op die water. Die sypaadjies was nie minder beset nie.

At the fairs

Maak nie saak hoe oud mens raak nie, daar is iets aan kermisse wat die verbeelding (en geheue) aangryp.

Net die gedagte daaraan dat Death viool speel, maak doodgaan al die moeite werd.

Vomit comet

Dit verras my hoeveel van Den Haag ek bo van die wiel af kon sien

Toys for boys

Puff?




Amsterdam saam met Jason

uhm, ja
Halfpad af met die trappies

Ek het tot 'n gevolgtrekking gekom: As ek voorstel dat ons iewers moet gaan eet - of in die geval iewers moet gaan piepie - draai om en loop in die ander rigting... Ons het drie vloere se trappies opgespartel om by die toilet uit te kom. Wie, o wie beplan 'n gebou waarvan die toilet op die heel boonste vloer is??? Die laaste stel trappies was so steil soos 'n leer.

Wie jou ook al vertel het dat geld nie geluk kan koop nie, het nie die volle waarheid vertel nie.

Elf Fantasy Fair middel April

Ek en J-M onderweg in die groot koets.
Ek kan aan geen beter plek dink as 'n regte kasteel - en die gronde daaromheen - vir 'n fantasy fair nie.

My skoonma en Rods se nefie, Jason.

Ons drie dametjies - uitgevat vir die groot daggie uit

Mens moet hulle maar neem daar waar hulle vrylik beskikbaar is...

Ek is mal oor die helder kleure. Self sou ek nooit daaraan dink om vir my 'n rok in enige van bogenoemde kleure te maak nie. Nou sal ek dalk daaraan dink...

Gruispaaie het die geneigdheid om in mens se skoene te wil deponeer


The little one?


Laura het breed geglimlag oor die nep-artiste. Blykbaar - so hoor ek - moet mens die houtjies wat nog agterop die canvas in hulle sakkie wag, gebruik om die doek (wat is 'n canvas in Afr?) netjies vas te maak of iets. Wys wat ek van die skone kunste weet.

Eendag as ek 'n nanny nodig het, soek ek iemand soos die...

Laura het 'n fantastiese hoeveelheid werk aan daardie rok gedoen. Die basiese patroon was een van my, maar sy het self al die rosies gemaak en dit vasgewerk. Ek is gek oor die sambreel en die effek daarvan ook.


Not such happy clowns

Ek wil nou nie my onkunde hier oor die Starwars films laat blyk nie, maar ek dink dit is Queen Amadala (of iets wat foneties byna so klink)



Mr Snow tydens 'n oomblikkie van rus