Sunday, February 26, 2012

Souther Train @ Lazaru's



Ek glo hulle het 'n baie groter gehoor verdien. Hulle is regtig 'n goeie band. Die sfeer was goed, die drankies was lekker, die kollegas was jolig en iewers die aand is ek sonder Laura huistoe. Dit was regtig 'n lekker gesellige aandjie uit. Anderdag weer. Iewers tussen alles deur het Dave my gevra waarom ek Rods nooit saambring nie. Hy het genoem as hy ooit 'n meisie het, sal hy dit leuk vind as sy met hom wil saamkom na die tipe gesellighede. Die musiek was te hard, die bier te veel en die moment nie reg nie, so ek het nie vir hom verduidelik van al die ander dinge wat 'n huwelik die moeite werd maak nie. Toe vra hy my heel ernstig of ek ooit tydens een van die aande uit met iemand anders na huis gaan en of ek trouw is. Soms wonder ek wat de hel my kollegas drink en dink. :)

Ek het breed gesmile toe ek besluit het om vir Merlijn se pa 'n drankie te koop. Wou eers bier koop en besluit toe die barman weet dalk wat die omie drink. Lemoensap. Hy moes BOB. Maar toe vat ek dit maar vir hom met 'n nota (musiek was baie hard, so ek het agterop 'n coaster geskribbel) Zonder Vodka. Hoop hy het dit geniet.


Not my nose in a sling

'n Boer maak 'n plan. Terwyl ek nou in elkgeval 'n sling moet dra, kan hy net so wel mooi lyk. Die het Laura vir my gepraktiseer sodat dit gisteraand by my swart uitgaanklere gepas het. Ek hou van die klein bietjie ekstra detail net bo die elmboog.

Dit lyk selfs 'n bietjie goties. Ek is heel tevrede met die effek - selfs by dagklere.

Natuurlik is die gewone verband iets om op terug te val; by wyse van spreke. Ek het my ligamente verrek tydens 'n judoval Woensdag. Skoon boos vir myself, want ek het verkeerd uitgestap en toe op my skouer ipv my rug tereggekom. Eish. Wel, you live you learn. Of, soos ek nou ook al uitgevind het. You live.


Pampering

Lattés en cupcakes by die stalker lady

Kyk hoe mooi fluweelagtig is die versiersuiker.

Hare klaar gesny en gekleur; nou besig met 'n pedikuur

Lekker rustig met my voete in die warm bad


Gister was ons ladies dag. Myne het begin met 'n bad en skeer. Dit klink lekker maklik, maar onthou dat my arm in 'n hangverband is. Al kom die verband af tydens die bad, kan ek nie my regterarm gebruik vir skeer nie... Interessant; om die minste te sê.

Ons het gaan stalkerkoffie drink, hulle cupcakes bewonder (en geproe) en is toe vir uuuuuure na die haarkapper toe. Hare is gehighlight, geknip, gemasker en drooggeblaas. Daarna is ons Bagels en Beans toe vir middagete. Met die versterking agter die blad, is ons in stad toe vir 'n manikuur en pedikuur. Ek het op die harde manier geleer dat mens kry waarvoor jy betaal.

Laaskeer het ek die alles-paket gekies. Die keer die halwe paket. En groot was my teleurstelling toe, na hulle my voete met die aartappelskiller beetgehad het, dit die einde was. Dit beteken toe my voete is eintlik ruwer as voor ek daar in is.

By die huis gekom, is ek terug in die bad in, en is daardie probleempie linkshandig reggestel. Gelukkig. Want wie wil nou die stad gaan rooi verf (ons is Leiden toe na Merlijn se konsert toe) as jou hakke skurf is?

Sunday, February 19, 2012

Tilburg Carnaval 2012

Nee, nee ek het nie my drankies (te veel) gemeng nie... Die wyn is Laura s'n.


Feestgangers

Laura en Yvette aan die dans

Die foto is gecrop. Aan die bo-kant van my arm is eintlik 'n bierglas...

My uitmuntende uitrusting. Tnx Laura :)

Saturday, February 11, 2012

Winter 2012


Ons eerste sneeudag van die winter was die jaar op 3 Februarie. Hier word die dammetjie by my werk omtower in 'n winterlandskap.

Sneeu, sneeu, sneeu

Wel, obviously! Hoekom sal enigiemand wil gaan surf as dit warmer is as -7 grade?

Leiden in die winter
Brrrr

Vanaf Stasie Laan van NOI wagtend op 'n (Laaaaat) trein

Troos


Een van ons warmer dae - wel, een van die dae wat warmer gevoel het. Een dag was die gevoelstemperatuur kouer as -20.

En skielik het die huisbote heel nuwe ingange.

Wintersports

Kyk hoe loop die mense op die meertjie

Kyk hoe groot is die buitelug-ysskaatsbaan

Kanaal onder ons woonstel


Ons het besluit as my geskaats op 'n witbeltvlak is (Skill level 0.1 - Can stay upright for more than one second at a time) dan is Roderick al op Oranjebeltvlak.

Ysskaats

Kyk, kyk, kyk ek val (nog) nie
Witbelt skaatser

Kyk die strepe agter die skaats

Instruments of torture - and pleasure