Sunday, February 26, 2012

Souther Train @ Lazaru's



Ek glo hulle het 'n baie groter gehoor verdien. Hulle is regtig 'n goeie band. Die sfeer was goed, die drankies was lekker, die kollegas was jolig en iewers die aand is ek sonder Laura huistoe. Dit was regtig 'n lekker gesellige aandjie uit. Anderdag weer. Iewers tussen alles deur het Dave my gevra waarom ek Rods nooit saambring nie. Hy het genoem as hy ooit 'n meisie het, sal hy dit leuk vind as sy met hom wil saamkom na die tipe gesellighede. Die musiek was te hard, die bier te veel en die moment nie reg nie, so ek het nie vir hom verduidelik van al die ander dinge wat 'n huwelik die moeite werd maak nie. Toe vra hy my heel ernstig of ek ooit tydens een van die aande uit met iemand anders na huis gaan en of ek trouw is. Soms wonder ek wat de hel my kollegas drink en dink. :)

Ek het breed gesmile toe ek besluit het om vir Merlijn se pa 'n drankie te koop. Wou eers bier koop en besluit toe die barman weet dalk wat die omie drink. Lemoensap. Hy moes BOB. Maar toe vat ek dit maar vir hom met 'n nota (musiek was baie hard, so ek het agterop 'n coaster geskribbel) Zonder Vodka. Hoop hy het dit geniet.


No comments:

Post a Comment