Sunday, February 26, 2012

Pampering

Lattés en cupcakes by die stalker lady

Kyk hoe mooi fluweelagtig is die versiersuiker.

Hare klaar gesny en gekleur; nou besig met 'n pedikuur

Lekker rustig met my voete in die warm bad


Gister was ons ladies dag. Myne het begin met 'n bad en skeer. Dit klink lekker maklik, maar onthou dat my arm in 'n hangverband is. Al kom die verband af tydens die bad, kan ek nie my regterarm gebruik vir skeer nie... Interessant; om die minste te sê.

Ons het gaan stalkerkoffie drink, hulle cupcakes bewonder (en geproe) en is toe vir uuuuuure na die haarkapper toe. Hare is gehighlight, geknip, gemasker en drooggeblaas. Daarna is ons Bagels en Beans toe vir middagete. Met die versterking agter die blad, is ons in stad toe vir 'n manikuur en pedikuur. Ek het op die harde manier geleer dat mens kry waarvoor jy betaal.

Laaskeer het ek die alles-paket gekies. Die keer die halwe paket. En groot was my teleurstelling toe, na hulle my voete met die aartappelskiller beetgehad het, dit die einde was. Dit beteken toe my voete is eintlik ruwer as voor ek daar in is.

By die huis gekom, is ek terug in die bad in, en is daardie probleempie linkshandig reggestel. Gelukkig. Want wie wil nou die stad gaan rooi verf (ons is Leiden toe na Merlijn se konsert toe) as jou hakke skurf is?

No comments:

Post a Comment