Sunday, May 30, 2010

Maar nog nie eendag nie



En nou, vyf minute later, het dit bietjie opgeklaar. Het die stortvloed trane verander in 'n meer hanteerbare geween.

Etagier


Met chappies onder andere. Regte chappies. Met genommerde 'feite'.

Scharrel-skipants


Biologies = Free range = Scharrel
Lyk my ek sal moet beweeg in die!

Hey sweet pea, come on and dance with me




Monday, May 24, 2010

When crafty meets nerdy

Daar is 80 stukkies in totaal. 81 as mens die zip bytel. Die dobbelsteentjie is 'n papier opvou enetjie.

Op soek na die perfekte font vir die syfertjies

Templaat van die internet af. Liewe oom Google

Work in progress

15/20. Mens sou dink ek is driekwart klaar. Maar hier moet die voering nog gemaak en vasgewerk word, die rits moet sy lêplek vind en al die kantjies moet mekaar nog presies in die middel ontmoet

UitEINdelik klaar


Een van daardie projekte wat mens jouself aandoen - soos om middeleeuse rokke te maak, sketse te maak, serpe te brei en roomys te maak ipv te koop. Maar in al die lê die vreugde van 'self'. Die voldoening om te weet dit is uit jou hand geskep. Jou eie hand. Al is dit krom en skeef soms. Dis joune. Of in die geval, myne.

3 jaar




Dankie, Ma.

Vir wysheid, vir troos, vir opvoeding, vir lewenslesse, vir gene, vir persoonlikheid, vir menslikheid. Vir 'n verwysingsraamwerk. Vir lewe, vir kennis, vir die voorbeeld wat jy gestel het. Vir jou selfbeheersing. Vir die Langenhoven geloof dat ek reg is. Vir deursettingsvermoë.
Vir altyd in my geheue weggebêre.


Saturday, May 22, 2010

Pienk tee

Justify Full
Die was 'n vreeslike vinnige mik en druk foto die. Ek het die Twinings appel en cranberry tee gemaak, dit op die badrand gesit, die kleur bewonder, die kamera gaan haal en aangeskakel. Ingezoom Net toe die beker mooi in fokus is, sterf die kamera plotseling. Battery.

Ek het 'n spaar battery. Die is wonder bo wonder gecharge. Maar om batterye te vervang, verg ook 'n minuut of twee, want eers moet die tyd en datum reggestel word. Toe doen ek maar wat meeste lui mense in my skoene - op my kaal voete - sou doen: Skakel die kamera weer aan, mik druk. Hoor die grrrr klankie van as 'n foto wel geneem is en sien twee sekondes later hoe die kamera homself weer afsit. Die foto is dus nie heeltemal so mooi in fokus as wat ek op gehoop het nie, maar hier is hy. Pienk (roze) thee om by my roosgegeurde bubblebath te pas.

Life is good - al blog ek deesdae oor tee en bad.

Dit vat ook twee om die masochism tango te dans

Vertel my asseblief van jou wonderlike lewe; van die prentjiemooi huis in die wonderskone spot langs die see. Vertel my van julle troeteldiere - van hoeveel vreugde jy uit die warm pelsies wat teen jou skuur put. Van die sonsondergange. Moenie swyg oor julle fantastiese sekslewe en julle perfekte dogtertjie wat so sonder enige moeite gemaak en gekry is nie. Van die tweede enetjie wat nou oppad is. Onthou om my te vertel ek sal nie verstaan van ware liefde tot ek my eie kinders het nie. Vertel my van die 'krisis' wat jy gehad het om die juiste kleur kar te kon koop, van die special by Woolies op die beddegoed en gordyne en van die tien kg wat jy oor die laaste drie maande verloor het. Vertel my sommer ook hoe vreeslik duur dit is om dus jou klerekas te moet vervang, maar hoe onbeskryflik dit is om van al daardie ekstra bagasie ontslae te wees. Vertel my alles gebeur met 'n doel. Vertel my van jou hoogs betalende werk, van jou selfbeheersing, van jou ma en pa wat nog beide leef en sulke goeie grootouers is. Vertel my van die oplewing in jou geestelike lewe en van die uitstappies wat julle as man en vrou en as gesin saam doen. Onthou die foto's.

Want ja, ek is jaloers en ja, ek haat jou lewe soms met 'n nyd wat sigbaar moet wees. Maar jy is my vriend(in) en ek gun dit vir jou. Al gaan maak ek soms in die middel van die gesprek tee net om my selfbeheersing weer mooi onder beheer te kry. Spog by my en deel met my, want dit gaan infinitely seerder maak as jy hierdie dinge nie met my wil deel nie. 'Om my te spaar'. Skiet maar; ek is sterk genoeg om dit alles te hanteer. Dit vat immers twee om ook die masochism tango perfek uit te voer.

Monday, May 17, 2010

Vlytige Nelle



Terwyl ek nou my middeljare nader, moet ek seker maar begin regmaak vir my lewe en stokperdjies in die ouetehuis. Die wol laat my om een of ander rede aan spookasem dink.

Marmelade rose



As student het my ma 'n vriend gehad. Nick. Sy was vreeslik erg oor hom, al was gay vriende in daardie jare nie die inding nie. Een aand het hulle langs die Kuilsrivier geloop en hy het vir haar vier blomme gepluk en haar vertel sy gaan vier kinders he, en dit gaan hulle persoonlikhede wees.

Eddie se blom, was 'n roos, Gesina 'n perskebloeisel en Danie 'n weeskindertjie. Myne was 'n marmelade bush. Klein geharde plant met ekstroverte geel en oranje blommetjies.

Nick het 'n paar maande later verongeluk. Ek sou hom graag wou ken. Sou hom graag wou weet hoe hy geweet het.

Pakkies



Ek het 'n ding oor briewe. Handgeskrewe bewyse dat daar aan my gedink is. Pakkies vol goodies is natuurlik selfs beter - mits dit van 'n brief vergesel word.

Monday, May 10, 2010

Roosbad




Roos is Nederlands vir die blom, maar ook vir die kleur wat ek as pienk ken. Van al die badgeure is dit by verre my gunsteling. My ma het soms vir my die Woolies bubblebath gekry as 'n treat toe ek nog in die skoolkoshuis was. Dit het intussen onbetaalbaar duur geword, maar dit bly 'n herinneringwekker. Volgende keer as ek weer in SA (of in Engeland se Marks en Spencers is) gaan ek opstock daarop. Maar vir nou is die meer dan voldoende - al is net volwassenes veronderstel om dit te gebruik.

Aardse dinge


Friday, May 7, 2010

The cat in me vs The cat outside



Die kat in my wil vandag binnebly. Buite druppel dit. Binne is dit snoesig. Net toe ek myself ordentlik oortuig het dat binnebly die heel heel beste plan is, toe verfomfaai die bure se kat al my redes. Helsim.

Saturday, May 1, 2010

Doodles



Trompetgedawer, bliksemstrale donderende dromme
weerligblou skaud's van tjello's
Grieg word lewend in Dordrecht
momenteel speel die orkes tweede viool
teen die krag van buite
Teen die oorsprong van kultuur
Teen die mag van dit wat uittroon
selfs bo die praal van die katedraal
hoër as die hemelse klank van binne

Uitgewoed gaan die orkes na huis,
maar die natuur speel onnutsig voort