Sunday, April 29, 2012

Den Bosch

 Die goue draak nes mens by die stasie uitloop.  Kyk die onweer agter die draak!  Dit het die middag so aan-af gereën.

 Geletterde drakie

 Die bakkery waar Bosche bollen die eerste keer gemaak is.  Dit is groot, vol room, met sjokolade bedekde ecclairs.  Nomnom.

 Detail op die brug


 Ek is nie presies seker wat by die winkel verkoop word nie

Patrioties

Dié was bo 'n apteek

Die onweer is vir eers verby.  Hoewel dit al lente is, is die bome nog aan die kaal kant.

 Ek moes glimlag vir die deur.  Mens kry stickers by die gemeente wat jy op jou deur kan plak teen gemorspos of ongeadresseerde pos.  Dat die ou so ver gegaan het om dit in brons aan te skaf, is 'n testament aan sy awersie in gemorspos.  Dit lyk wel heel elegant.


 Comic winkel op die hoek


 'n Gedeelte van die oorspronklike fortifikasies langs die rivier

 'n Foto geneem van af die roltrap by die stasie.  Hier was ek op soek na die paleis.

 Ek het die paleis gevind!  Helaas was dit nie die kasteelagtige koninklike huisvesting wat ek voor my geestesoog gesien het nie... 
 Stadswapen

Stasie Den Bosch

Koninginnenag 2012

Ek en Rods voor die Spookasem stalletjie.  Ons is stad toe om by die kermis rond te loop.  Ongelukkig was die Big Wheel nie die jaar daar nie en ek het geweet as ek dit op een van daardie vinnigswaaiende dinge sou waag, dat ek 'n skrikwekkende oppervlakte van die kermis in pienk en geel kots sou kon begrawe.

Daai spookasem het nie eens kans gehad om gefotografeer te word nie...

Saturday, April 14, 2012

John Carter - as Nederlandse Cartoon

Een van my kollegas het hierdie 'strippeboek' nog van sy kinderdae af - eintlik het hy die hele reeks in mint condition. Hy was gaaf genoeg om die boek vir my te leen. Ek het gelees, gelag en geniet.





'n Naweek van rooi rokkies



My verlowingspartytjie-rokkie



Wait, what???

Donderweer


Ek is mal oor die foto hierbo - het dit oppad judo toe geneem. In die agtergrond is die dreigende onweer en voor is die lentebome wat nog nie agtergekom het dat dit al April is nie.

Ware woorde



Jaloesie

Ek dink dit is wat fout is met my; wat my so tydig en ontydig laat huil. Die menslike brein het die mag om twee uiteenlopende emosies tergelykertyd te hanteer. Mens kan elaties bly wees vir 'n vriendin se nuwe liefde terwyl jy terselfdertyd soos 'n jaloerse, verworpe minnaar kan voel. Wel, ek weet nie van jou nie, maar ek kan :) Nou dat ek 'n emosie en rede aan my huilbuie kan koppel, kan ek sekerlik werk daaraan. Want werk moet daar gewerk word daaraan. Jaloesie is een van die mees selfvernietigende emosies, want in plaas daarvan dat die object of your affection nader aan jou gelok word, word die heeltemal weggestoot deur die lelike emosie en word jy uiteindelik verstoot. Sielkunde 101.

Kleurvolle reisgenoot

Die vroutjie het Vrydag my dag gemaak deur saam met my na die markt te reis.

Work in progress for EFF


Laura in onderrok en hoepelrok. Ek moet nog begin om die boonste rok uit te knip...
Gelukkig is die fantasy fair nog een hele week weg.
Rods se mantel is klaar behalwe vir die gespe voor. Ek is mal oor die materiaal. Dit is reflektief en die motief bly dus vloeiend verander soos mens loop. Ek wou eers 'n baadjie maak hiervan, maar is nou baie bly dit het 'n mantel geword.

Sunday, April 1, 2012

Art

As kuns mens moet laat dink, jou iets moet laat voel, of jou die idee gee om weg te wil hardloop, is dié suksesvol. Dit hang in die gang by die fertiliteitskliniek by die LUMC. Ek vind dit ongelooflik agressief. Ek wonder ook of sy haar voetjies tot bloederige stompies gestamp het.

All shapes, colours and sizes





Bella-Donna

Meisiekinders

Etenstyd

Concert at Sea

Ek wil daarheen gaan. Dit is 'n hele klomp van my gunsteling artieste en bands en dis by die see... Nou moet ek iemand meeronselen :)

Lunch

Ons ete by Lung Fung (I kid you not...)