Sunday, September 26, 2010

Neem my op vlerke


Oppad terug van Utrecht af het die trein eers stadiger gery en toe vir 'n halfminuut heeltemal tot stilstand gekom. Ons het besluit hy het dit gedoen spesiaal sodat ek die foto kan neem. Daar is iets magical aan 'n lugballon.

Appelbollen



Dit is hele appels. Die stronke is uitgehaal en die binnekant gevul met bietjie marsepein en karamel. Buite-om is blaardeeg met appelkooskonfyt. Yum-yum

Toch?

Bakplate




Ek moet oor een ding duidelik wees. Ek is geen bakster nie. Verder (in die lyn van you are what you eat) het ek 'n groter voorliefde vir terte as vir koeke. Veral dit wat op die Afrikaanse helfte van die menukaart suurlemoenskuimtert genoem word. Maar wow! Imagine om so 'n koek te kry vir jou verjaarsdag. Die tienjarige in my spring op en af. Die ietwat meer volwasse weergawe in my dink ook dit is nie noodwendig 'n slegte idee nie.

Imagine die skape!



Friday, September 24, 2010

Dagje uit

"nog 'n najaar in die vreemde..." Ek en Natasha het 'n heerlike dag in Utrecht spandeer. Dit was meestal 'n gastronomiese affere, maar tussendeur het ons darem kans gekry om 'n warm lugballon te sien, om foto's binne en buite die kerk te neem en om vir my skoene te vind. All in all dus 'n suksesvolle dagje uit.


Koffie verkeerd by 'n Italiaanse restaurant langs die water



Labuitje

Woensdag was ons labuitje en ons was na die Archeon toe. Daar aangekom, is ons getrakteer op appeltert en koffie. Daar was ekstra bakkies met heuningstroop vol neute en opgeklopte room daarby. Dit was heeeeerlik.

Die was soos WWF. Baie snaaks. Baie toneelspel. Maar lekker om te kyk ook, die gladiator geveg.

Na die geveg is ons in groepe opgedeel en het ons verskillende take gekry om te verrig. Een daarvan was om iemand op 'n A-houtfiguur aan die beweeg te kry en oor 'n afstand van so 10 meter te vervoer sonder dat sy voete grondraak.

Ook moes 'n stoere dame in ons groep geklee word as Romeinse legionair.

Behalwe dat ons vergeet het om my rokkie tot bo my knie op te trek, dink ek ek lyk nou nogal aanvallig in die.


Ons moes 'n tent bou. Sonder instruksies.

Die mozaikwerk was sommer vir die lekker.

Hierdie puzzle was moeilik. Ons groepie is in drie gedeel. Een gedeelte staan binne agter 'n skerm en sien 'n prentjie van die puzzle. Hulle vertel dan vir die tweede groep wat hulle sien en die tweede groep kom telefoontjie buite wat aan hulle vertel is. Was heerlike chaos.

Ook moes ons boogskiet.

Ek was nie vreeslik suksesvol nie. Maar dit was lekker.

Op die ou end van die dag het ons groepie gewen. Ons het tot laataand gekuier, en die volgende dag by die werk was... interessant. Maar ek dink dit is belangrik om ook op daardie vlak met jou kollegas te bond. Nou kan ek eerlik vertel dat my medewerkers my ontklee het :)


Sunday, September 19, 2010

Skoonmaaksessie

Dit lyk miskien nie soos veel nie (ook nie heel in fokus nie, maar hier is drie ure se werk hier in)

Behalwe nou vir die fiets, is dit al die goed wat uit die spaarkamer uitgegooi gaan word. Die plastiek en elektriese goed, ten minste.
En die is die berg karton gekompakteer tot 'n meer hanteerbare grootte.

Olifantjies

Boekenmarkt




Sonsopkoms


Die herfs is besig om sy kloue ordentlik in te slaan. Deesdae kyk ek al die sonsopkoms van die trein af.

Bio-benzine

Slagveld

Spring fairy dress



Sunday, September 5, 2010

Nelle die Saterdag-Reisiger

Langs die dom in Utrecht

Kamera strap en rugsak oor die een arm. Reg vir wat volgende te siene is

Utrecht in 'n Middag

As ek diep genoeg op die foto inzoom, sal ek vir Thinus en Rachid kan sien. Ons het hulle heel onverwags daar raakgeloop.

Graag sou ek die rede agter die naam van die winkeltjie wil weet

Die kloostertuin binne die kerkmure. Ongelukkig was die kerk (weereens) gesluit toe ons daar aankom.

Oudytdse stadskaart

Kyk die kleur van die lug! Ek dink die was dalk die laaste somersnaweek

Kerkdeur



Die dom (kerk) van agter gesien. Die boog-vorm laat my bietjie aan die Notre Dame dink.

Hier wil ek woon.

Dis 'n probleem met Europa. Omdat dit so dig beboud is, is dit moeilik om 'n foto van 'n hele gebou te kry. Dit is die enigste plek waar ek sonder 'n wide angle lens 'n volle foto van die toring kon kry. Snaakse toring die. Dit is nie vas aan die kerk nie.

Ek wonder of mens moet oppas oor hy 'n terrier is, oor hy swart is of oor hy russies is.

Stadsaal. Daar was 'n troue aan die gang toe ons daar aangekom het.

Ek hoop van harte dit is 'n sculptor besig met sy werk wat hier uitgebeeld word



Sy majesteit. Utrecht het baie katte wat by die restuarante rondsit, rondloop en die geval by die Griekse eetplek 'n hele stoel opeis. Hulle dra halsbandjies, loop soos leeus rond en verwerdig die toeriste nie eens 'n kykie nie.

Een dag gaan ek ook nog op daardie kussing onder die boom gaan rus. Dit lyk net soooo lekker

Die ou stadskraan (nie die soort wat water drup nie)

Van die tonnels langs die kanale


Nog tonnels. Die lei in Winkel van Sinkel in

Eetplekkies onder op die waterkant

Den draeck - en hier dog ek ek is die draak

So het ons 'n uur en 'n kwart deur Utrecht gegaan. Ongelukkig was my kamera op daardie stadium in die waterdigte houer weggepak. Dit was fantasties. Mens sien 'n heel ander beeld van die stad so van onder af en daar is genoegdoening daarin om self jou spoed van verkenning te bepaal. My skouers is net vandag bietjie teer.

Hier het ons net die kano teruggegee. Van hier het ons sommer so langs die water tot by die geel sambreeltjies geloop en daar gaan eet. By die restaurant is daar 'n groot bord met 'n telefoon nommer. Kano-vaarders kan dan sommer daar pizza bestel en so van die water af ophaal.