Sunday, August 29, 2010

Miniatuur croissants


Ek het Saterdag vir ontbyt 'n hele dosyn croissants ingewerk... Volgende keer sal ek die blikkie deeg ordentlik ondersoek voor ek net aanneem dat daar deeg vir ses normale size croissants in is.

Teetjie



Die melk was op en die slaap laat. Maar dit is 'n hartseer dag as jou eerste koppie tee vir die dag eers om 14.43 gebeur.

The Sad

Storm

Een van die moeilikste foto's. Helder sonlig, dreigende wolke.




Storm in die relatiewe skuiling tussen die geboue




Storm by die voorruit uit - reguit in die son in.

Sunday, August 22, 2010

Kaasbroodjies




Die kaas is in die broodjie self ingebak.

'n Morbiede blog



Die perfekte moord, so het ek in die speurverhale as kind gelees, is nie regtig moontlik nie. Iewers maak mens 'n fout. Soos die ou in die Victor Hugo boek wat gewag het tot op die perfekte aand om sy moord te pleeg. Hy moes wag vir spring-gety. Intussen moes hy 'n alibi he, sy slagoffer vermoor en van die lyk ontslae raak net om betyds weer iewers ver genoeg van die moordtoneel te wees dat dit onmoontlik hy kon wees. Hoe die storie verloop het, kan ek nie mooi onthou nie, maar hy het alles perfek gedoen en sy slagoffer daar op die strand vermoor. Hy het die man om hom vasgemaak in 'n abba-posisie en moeisaam die see in geloop met die ebgety tot op 'n sandbank amper 'n kilometer die see in. Tussen die branders deur gesukkel. Kort stukkies geswem en byna verdrink van die ekstra gewig op sy rug. Daar was 'n lekker sterk seestroom net langs die sandbank en dit sou die lyk verder vat - en as dit sou uitspoel, sou dit myle verder wees. Daar in die diep water, doodmoeg van sy nag se manewalisse het hy uiteindelik uitgevind wat dit was wat hy in sy perfekte moordplan ontsien het: Rigor mortis. In die skouerdiep water kon hy nie van die lyk op sy skouers ontslae raak nie.

Mens moet regtig aan alles dink. Ek dink in SA is die perfekte moord dalk makliker. Nie oor dit perfekter is nie, maar oor die polisie so oorwerk is, dat hulle dalk die belangrike stukkie inligting gaan mis. Ek het die perfekte moordplan. Laat weet my as julle dit nodig het...

Van moord gepraat. Selfmoord is nie so ver daarvan af nie. Dis net die teiken wat verander. Lewenspolisse betaal nie uit as mens daardie uitweg kies nie. So as jy nou regtig luskry vir hand aan eie liggaam slaan - dit klink onrusbarend dubbelsinnig - dan moet jy dit dus of soos 'n moord of soos 'n ongeluk laat lyk. Maande voor die tyd niks depressief praat, lyk, of veral skryf nie. (Ek sal moet versigtig leef vir die volgende twee jaar na die blog.) Normaal optree, normaal eet, praat, klee. Dis baie moeite. Daarna verdrink, in 'n motorongeluk betrokke wees of per ongeluk van die balkon afval of iets. 'n Bizarre ongeluk.

Selfmoord is egter nie 'n aksie wat mens so haarfyn kan gaan sit en beplan nie. Teen die tyd dat jy emosioneel daar is, dink ek nie jy gee regtig meer om oor lewenspolisse wat nie uitbetaal of naastes wat hulleself verwyt nie. Ek sit nou die aand doodmoeg in die bad en dink ek is nou so rond, as ek ooit in my lewe selfmoord-rede gesoek het, sou dit waaragtag 'n aanvaarbare ene kon wees. Daar is net een probleem. Dink net hoe moeilik die polisie of brandweermanne aan die dikke lyk gaan moet dra! Dit sal eenvoudig net nie deug nie. Ek sal my mos doodskaam. 'n Tweede dood moet sterf - en daarvoor het ek 'n doodsangs.

So lank lewe die morbiede brein in sy morbidly obese liggaam.

Vir selfmoord het ek nie veel raad nie, maar skryf maar vir my as jy 'n moord oorweeg. Ek sal jou vinnig-vinnig die gate in jou plan kan uitwys.

Flentertjies Utrecht

Dubbel-bruggie genaamd Vollersbrug

Lafenis

Huisies en restaurante onder reg langs die water

Dit was vir my interessant hoeveel mense wat by my verbygeroei het, was aan die sing of neurie.
Bo van 'n bruggie af geneem

Dit het lang ore. Is dit 'n hus?

Die domtoring. Ons was net te laat om hom te klim. Wat eintlik maar goed was, want ek was gaar gisteraand. Wat interessant van die toring is, is dat dit nie aan die katedraal vas is nie. Hy staan heeltemal selfstandig daar rond.

Winkel van Sinkel gaan deur verskeie verdiepings. Dit is 'n restaurant wat ook in die tonnels en ou bergruimtes onder die straat langs die water oopmaak. Binne is daar 'n 'n 'wintertuin' oop gedeelte wat in die winter beskerm is teen wind. Daar is dansplek en wat ek vermoed 'n disco is. Vreemde plek. Een van die sale onder het rooi ligte en banke om op te le. Ek het dit een kyk gegee en bordeel gedink, maar met 'n tweede blik het dit darem meer classy begin lyk.


Waterfietsen

Hoge hak onvriendelike strate


Beertjies en poppe in 'n antiek-winkeltjie. Net in die een straatjie het ek 4 sulke winkeltjies getel. Die goedkoop beertjies was so 30 euro. Rachid het gedink dit is skokkend om soveel vir 'n tweedehandse beertjie te moet betaal. Ek het begin verduidelik van handgemaak en antiek en toe besluit dat ek ook eintlik geskok is.

Daar is baie water in Utrecht. Oral sien mens bootjies en vir baie van die restaurante moet mens 'n stel trappies afloop tot net langs die water. Die sfeer daar is absoluut fantasties.

Wandeling na werk in Scheveninge

Mallemeule voor die groot strand-hotel in Scheveningen

Nog 'n uurtjie voor sonsondergang

Die pier. Heelwat mense het my en Natasha se na-werk plan gehad van 'n bietjie son skep - 'n bietjie opstock op vit D.




Accordian in Utrecht

Vir my vriendin

Onderrok met tulle en frille. Die bed is 1.8m breed en mooi oopgevou raak die onderste punte van die rok beide kante van die bed.

Die bree band van die onderrok. Die rok se bolaag is van organza en kan dus ook as 'n selfstandige romp gedra word.

Saam met die groen en swart rok.

Uiteindelik klaar. Wel soortvan klaar. Ek ky hom so en dink... miskien as ek hier nog 'n lintjie vaswerk en hom daar so knip en daar nog 'n rekkie insit... Mens moet seker weet wanneer om op te hou.

Voete

Lawend water na 'n dag van meer as 400 trappies

Vroeg-oggend oppad werktoe

Die kleur-kombinasie is sekerlik onwettig in meeste lande (na die 70's ten minste)

Tuesday, August 17, 2010

Thorn in my side


Dis nou een ding van my die LUMC rondloop. Hulle is nie skaam om kuns uit te stal nie - selfs nie al blokeer dit 'n hele gang nie. Ek vind die mooi. Wonder net wat se asem mens gaan moet kan bymekaarmaak om hierdie se kroontjies in die wind in te blaas.

Amber

Ek dink nie ek gaan 'n dinosaurus daaruit gekloon kry nie. Maar dis darem ten minste mooi.

Sunday, August 15, 2010

Simfonie van kleur

Hangmatte by die Blommemarkt in Amsterdam

Mooi broodjies


Die het vanmiddag uit ons oond uit gekom. 'n Meergranenbrood. Ek raak nou so domestic, ek moet net keer. Netnou verander ek in 'n Stepford wife in. Riiiiiight. Maar die broodjies was lekker.

'n Middaggie (en aand) in en om Amsterdam

Relaxend buite op die patio

Catherine aan't toeris speel

momentjie van rus

Etenstyd

Ek en Joy

Sunday, August 8, 2010

CastleFest 2010

Faun besig om hulle instrumente te stem

Steltelopers

Interessante instrument

Ek het die twee by die Elf fantasy fair ook raakgeloop. Een manier van oudraak.

Sy het absoluut fantasties gelyk en haar heel in haar rol ingeleef.

Nee, ek weet ook nie

Kyk die perdjies as deel van die haarstyl

Daai man met die T-hemp is my nuwe hero

White queen

Nou dis nou hoe 'n braai moet lyk

pizza oond

Danserers kop onderstebo
Sy moet nogal sterk armspiere he



Art in the park