Sunday, August 22, 2010

Flentertjies Utrecht

Dubbel-bruggie genaamd Vollersbrug

Lafenis

Huisies en restaurante onder reg langs die water

Dit was vir my interessant hoeveel mense wat by my verbygeroei het, was aan die sing of neurie.
Bo van 'n bruggie af geneem

Dit het lang ore. Is dit 'n hus?

Die domtoring. Ons was net te laat om hom te klim. Wat eintlik maar goed was, want ek was gaar gisteraand. Wat interessant van die toring is, is dat dit nie aan die katedraal vas is nie. Hy staan heeltemal selfstandig daar rond.

Winkel van Sinkel gaan deur verskeie verdiepings. Dit is 'n restaurant wat ook in die tonnels en ou bergruimtes onder die straat langs die water oopmaak. Binne is daar 'n 'n 'wintertuin' oop gedeelte wat in die winter beskerm is teen wind. Daar is dansplek en wat ek vermoed 'n disco is. Vreemde plek. Een van die sale onder het rooi ligte en banke om op te le. Ek het dit een kyk gegee en bordeel gedink, maar met 'n tweede blik het dit darem meer classy begin lyk.


Waterfietsen

Hoge hak onvriendelike strate


Beertjies en poppe in 'n antiek-winkeltjie. Net in die een straatjie het ek 4 sulke winkeltjies getel. Die goedkoop beertjies was so 30 euro. Rachid het gedink dit is skokkend om soveel vir 'n tweedehandse beertjie te moet betaal. Ek het begin verduidelik van handgemaak en antiek en toe besluit dat ek ook eintlik geskok is.

Daar is baie water in Utrecht. Oral sien mens bootjies en vir baie van die restaurante moet mens 'n stel trappies afloop tot net langs die water. Die sfeer daar is absoluut fantasties.

No comments:

Post a Comment