Saturday, July 9, 2011

Hooker boots


Kaplaarse vir die fantasy fair in September. Hulle moet bietjie balans bring aan die groteske jurk wat ek beplan. Nou moet ek nog net self leer balanseer in hulle...

Thursday, July 7, 2011

Vanilla of chilli

Ek is aan die peins vandag. Maar ek weet dat as mens nog altyd net vanille as keuse gehad het, die kans dat jy chilli's te pittig gaan vind ver buite die standaard deviasie val. Ook is ek bewus daarvan dat as jou pallet gewoond geraak het aan die passies wat chilli's inhou, jy vanilla as te soet, te sag en te vervelig gaan vind as alledaagse hoofgereg. Miskien vir 'n eenmalige toetje, maar defnitief nie iets wat jy in jou diƫet sal kan inwerk sonder om ingedoen te voel nie. En eendag sal jy eenvoudig moet terug keer na dit wat jou versadig laat voel.

Monday, July 4, 2011

Die groot trek

Daardie stoel het nie in die kar gepas nie (geen Ikea-stoel nie - so ons moes hom van ons huis tot Laura se nuwe huis toe dra. Dit was prettig.

Vir Laura se balkon

Surfklas

Daar naby die pier het ons gesurf (in die klein-klein golfies)

Mooi wolkeveld oor Scheveningen

The cure for everything is salt water: sweat, tears and the ocean

Swarte swaan

Die foto's is aspris nie heeltemal in fokus nie. Soms is die werklikheid net te onvergewensgesind.

'n Korset en 'n tutu... wie kan dit weerstaan om 'n bietjie te probeer ballet?

Altyd onderweg


Insomnia

Dis nie elke dag dat ek die sonopkoms om net voor vyf dophou nie. Pragtig. En ek luister na Samuel L. Jackson se Go the F to sleep... Nou het ek een vrees: dat ek nou skielik gaan vaak word. Want om dan net na ses wakker te MOET word, gaan hel wees.