Monday, August 31, 2009

Sweet


Rods met Ingrid se dogtertjie, Isabella. Sy is heeltemal gefassineerd met sy baard en snor.

Saturday, August 29, 2009

Wat is die gemene faktor?

Want 'n blog hoef nie sin te maak nie en die foto's hoef geen patroon te volg nie - en tog is daar 'n bindende faktor wewend deur alles heen

waker by die poort
wandelend
waarskynlik chestnuts
wie woorde en sinne op regte papier waag

want ek verlang

weird weird blom en bessies
water, woonbote en 'n rooi fiets
wespe

Thursday, August 27, 2009

Vlissingen

Watter saint die draak doodgemaak het kan ek my nie herinner nie, maar hier is hy en die brons draak ernstig aan die baklei - en dit nogal in die NS-saal waar daar elke dag honderde treinreisigers verbystap. (Edit: St George)

Vlissingen is op die mond van die groot rivier wat Belgie en Nederland skei. Die stuk water was dis al die oorsaak heelwat onmin en meer as een skermutseling. Oor Vlissingen ook die bakermat van die Nederlandse vloot is, is dit met elke oorlog die eerste teiken. Waar in Middelburg nog 'n paar huise oorgebly het na WW2, is Vlissingen heeltemal platgebom. Die herboude huise is op die ou styl gebou.

Dit is hartseer as ek nie in Afrikaans, Engels of Nederlands die woord kan vind vir die hokke waarin hulle die skepe sit en dan die watervlak laat styg of daal om by die van die oseaan aan te pas nie. Maar hier is een van hulle. Droogdokke is blykbaar die regte Afr (en heel moontlik Nederlandse) woord. Lock of locke in Engels.

Mens moet boer met dit wat beskikbaar is. Koeie in die langgras, skape vir die korter wei en as daar niks anders is nie, dan boer mens maar met wind.

Kyk net hoe dapper die windkous daar wapper

Oor die so 'n belangrike strook land is, is die hele kuslyn nou nog vol, wat ek vermoed op die tydstip net ornamentele, kanonne.

Ek sien hy mik reguit oor die grens na die Belge

Die see gee nie altyd terug dit wat sy vir haarself neem nie

Die aresenaal

Jolly Roger van Vlissingen

Michiel de Ruyter wat onder andere 'n groep gelowige Hongaarse predikante in Napels moes gaan red na hulle daar agv hulle geloof tot galeislawe veroordeel is.

Van die oorspronklike stad het bitter min oorgebly na die tweede wereld oorlog, maar die herbouings het so na as moontlik aan die oorspronklike argitektuur gebly.

'n Nie-Somaliese seerower
Hierdie arme kerk! Na hy 'n paar eeue gestaan het, het hy en die helfte van Vlissingen in 1911 rond afgebrand. Dit was so net voor die eerste wereldoorlog. Die oorlog het hy darem oorleef, maar hy is in die tweede een platgevee. Die mense het hom oorgebou met dit van sy stene wat hulle kon vind en wou net op hulle louere rus toe die groot vloed in 1953 Nederland tref. Die kerk is 1.9m diep oorstroom. Na dit het hulle die vloer bietjie gelig sodat die watermerke nou so op 1.75m staan. Ek sou bietjie senuweeagtig wees om in daai gemeente te wees.

Middelburg

Die toring se naam is Lange Jan (Long John) en is saam met die kerk en abdy waaraan dit vas is, die middelpunt van Middelburg se middestad. Vir eens het ek en Rods na die toring gekyk wat amper 100m hoog staan en besluit vandag is ons soos die Leviet in die storie van die Barmhartige Samaritaan. Ons het sommer baie verlangs verby gehou.


Die vloeruitleg van die kerk en klooster

Waar die wyse man sy huis (of kerk) bou

Ek het heelwat opinies oor hierdie muurbehangsel. Eerstens het dit in die kerk gehang en moet dus 'n sterk boodskap uitdra. Go forth and multiply? Wat my ook opgeval het, is hoe groot die ou se voete is... Dis in 'n kerk die en die het 'n reputasie van waarheid, so is this myth busted?

Die oudste orrel in Nederland. As ek reg onthou, kom dit oorspronklik van Utrecht af. Die kerk was oorspronklik Rooms, maar is in die 15-honderds sekerlik geweldadig aan die Protestante oorgelewer. Daarna is die kerkgebou met skeidsmure verdeel in die ou Roomse gedeelte en die nuwer Protestantse area. En mense is bang vir 'n inter-geloofs oorlog...

Van binne die abdy/klooster na 'n interne kruietuintjie

Bietjie kleur vir 'n grou dag
St Joris Doelen reg langs die ou abdy.

-straat of -staat, ons almal het dit nodig

Interessante klok vir 'n land wat nie bekend is vir sy sonskyn nie

Daar was 'n markt aan die gang voor die stadsaal. Ek dink ek is dalk nou uitgemarkt, want al wat ek daar gevind het waarin ek regtig belanggestel het, was middagete. Die stadsaal is geskoei op die van Brussels.

Die Arsenaal
Weerhaan op die Arsenaal. Middelburg is grotendeels platgebom in die WW2, maar ten spyte daarvan het 1100 geskiedkundige geboue oorleef. They just don't build them like they used to...

Dit sou nie Nederland sonder 'n windmeul wees nie. Volgens google earth, is daar allerhande vestinge en mooie patrone om die stadskern wat dit nes 'n ou kasteel laat lyk. Ons het heel opgewonde gaan kyk en gesien die Middelburgers is bietjie lui vir bou gewees. Hulle het net die gragte so op die regte patrone uitgegrawe. Eintlik slim.

Een van die oopmaak-bruggies. Die een pivot in die middel

Lange Jan in die sonskyn

Hoe ry die trein, hoe ry die trein

Dis heerlik om 'n Donderdag van die werk weg te wees en die platteland te gaan ontdek. Die piesangs is vir energie, die cola light vir die dors, die krant vir die verveeldheid en Rods se arm om die res van hom ook mee te bring.

Vir 'n hemelse stukkie was ons kompartement leeg. Geen skreeuende kinders, selfoonbehepte sakevroue, giggelende tieners of snorkende ou omies nie.

Reisgenoot

Eerste prys vir die een wat die ander oorfoon kan vind - die omie oorkant ons het 'n paar minute bestee aan 'n (mentale - gelukkig!) skattejag.

Saturday, August 22, 2009

Fireworks




Ek beluister my kollegas (medewerkers) so. Een van hulle kla dat die vuurwerke uit haar verhouding verdwyn het. Ek sit en dink Be careful what you wish for. Eerstens is vuurwerke harde werk. Nou praat ek nie eens van die goed aan die brand steek sonder om jou vingers te verloor nie. Net om dit (moontlik) te sien, verg al heelwat kalorietjies. Een keer 'n jaar is daar vir drie dae agtermekaar 'n internasionale vuurwerk kompetisie in Scheveninge. Donderdagaand het ek en Thinus en Rods daarheen gefietsd. Dit was heerlik so met die wind van agter. Daar aangekom het die wind egter onplesierig koud en hard begin raak en uiteindelik is die kompetisie, vir daai aand ten minste, afgelas. My plesierige gevoelens het redelik snel weggewaai in die wind-op terugkeer woonstel toe.

Gisteraand was daar egter pragtige vuurwerke. Ons het die trem geneem en ses minute voor die aanvang van die vertoning op die strand nes geskop. Rods het ewe wys sy tripod meegeneem. Terwyl ek nou nie een het nie, het ek my knie gebruik. Na deeglike ondervinding kan ek nou uit ervaring noem dat 'n tripod die beter opsie is...

Selfs foto's neem van vuurwerke, is nie maklik nie. Hoekom sal enigeen dan soveel vertoon en moeite in hulle verhouding wil he?


Friday, August 21, 2009

Bakker


Die skinker het bly leef. As die bakker croissantedeeg klaar geperforeer uit 'n blikkie kon haal, en net ooprol het hy dalk ook. Die pharo sou ten minste impressed wees.

Eat drink and be merry


Let's eat drink and be merry, for tomorrow we die - or even worse: diet!

Wednesday, August 19, 2009

Hoop

Ek weet Paulus het Geloof, Hoop en Liefde saam in 'n bak gegooi en Liefde as die wenner gekies. Dit moet vir Hoop ten minste 'n brons medalje verseker. Die ding is, ek en Hoop loop katvoet om mekaar. Want so angstig as wat ek aan hom vasklou en op hom steun, so tierend verwyt ek hom as dinge nie uitwerk soos ek dit reeds in my profetiese oog sien gebeur het nie. Ek voel elke keer verwerp en verraai as dinge nie uitwerk nie, verwoed - meestal teenoor my self. Dan onthou ek gesegdes soos Die enigste hoop vir jou is die ashoop...

Rods het Vrydag 'n werksonderhoud. Ek hoop hy kry die werk. Want die hoop beskaam mos nie.

Wednesday, August 12, 2009

Monster met tande

Ons het Sondag gaan fietsen. Thinus het ons kom haal met sy nuwe fiets wat hy en Rods amper op die Duitse grens gaan haal het. Ek ry mos 'n silwer Jaguar (die fiets, nie die kar nie) en Roderick 'n mooi rooi bergfiets met shocks vir die voorwiel. Sy fiets moes eintlik geel gewees het, want dis 'n lemon daardie. Eers het hy die saal weggesit. Toe knak die handlebars agv 'n skroefie wat losgeraak het. Op ons Sondag uitstappie, is my rugsak dus verder verswaar met twee shifting spanners en 'n skroewedraaier. Gelukkig het Rods besluit om die meeste van die pad te dra.

Ek het gedink ons gaan net Kijkduin toe, maar toe ons eers daar is, ontdek ons hierdie pragtige paadjie tussen die duine deur in Monster se rigting. Toe ry ons maar daarheen. Wat 'n goeie ding was, want langs die pad het ons Afrikaans gehoor, 'n U-turn gemaak, met die mense gaan gesels en uitgevind dit is twee vrouens wat by die ambassade werk. Handige mense om te ken. natuurlik het ons email-adresse uitgeruil en nou is ons uitgenooi na 'n SA-Braai vroeg September.

Van Monster terug na Den Haag het Rods se saal weer begin wegsak en hy het die bout bietjie te styf gedraai (nogal net na Thinus hom gemaan het dat ons regtig ver van die huis af is en hy die ding nie moet strip nie). Toe sak die saal tot heel onder en tol in die rondte. Ek bied toe uit die goedheid van my hart aan om die plat fiets te ry en het dit volgehou tot digby Den Haag voor Rods gekla het my fiets maak hom so seer dat hy liewers met syne sal loop as verder op myne ry. Gelukkig is ons toe digby die omdraaipunt van die Nr 3 trem en kon hy so huistoe gaan. In totaal het ons so 21.6km gery teen 'n gemiddelde spoed van 17km/h. Dit weet ek want beide Rods en Thinus het iPhones en diƩ kan jou track. Thinus het ook 'n spoedmetertjie op sy fiets.
Nou dat ons so 'n goeie afstandjie gery het, sien ek kans vir Delft toe ry komende naweek. Ek moet net my agterent kans gee om weer te herstel. Ek sweer my fietssaal het tande. Selfs Rods het na ons rit gewonder of ons nie moet apteek toe gaan en kontsalf vra nie. (Dis boude in Nederlands!) Synde die 'n fietsryende nasie is, sal ek nie verras wees as hulle dit wel het nie. Mind you, na ek net 'n panado gekry het vir my operasiepyn, sal ek ook nie verras wees as hulle dit nie het nie. As mens so van kleintyd af al fietsry, het jy seker 'n agterent van pure leer.

Gisteraand het ons gaan bobotie eet by Thinus. Dit was absoluut heerlik. Dit was selfs die ekstra bytmerke van daardie monsterse saal van my werd.