Thursday, August 27, 2009

Middelburg

Die toring se naam is Lange Jan (Long John) en is saam met die kerk en abdy waaraan dit vas is, die middelpunt van Middelburg se middestad. Vir eens het ek en Rods na die toring gekyk wat amper 100m hoog staan en besluit vandag is ons soos die Leviet in die storie van die Barmhartige Samaritaan. Ons het sommer baie verlangs verby gehou.


Die vloeruitleg van die kerk en klooster

Waar die wyse man sy huis (of kerk) bou

Ek het heelwat opinies oor hierdie muurbehangsel. Eerstens het dit in die kerk gehang en moet dus 'n sterk boodskap uitdra. Go forth and multiply? Wat my ook opgeval het, is hoe groot die ou se voete is... Dis in 'n kerk die en die het 'n reputasie van waarheid, so is this myth busted?

Die oudste orrel in Nederland. As ek reg onthou, kom dit oorspronklik van Utrecht af. Die kerk was oorspronklik Rooms, maar is in die 15-honderds sekerlik geweldadig aan die Protestante oorgelewer. Daarna is die kerkgebou met skeidsmure verdeel in die ou Roomse gedeelte en die nuwer Protestantse area. En mense is bang vir 'n inter-geloofs oorlog...

Van binne die abdy/klooster na 'n interne kruietuintjie

Bietjie kleur vir 'n grou dag
St Joris Doelen reg langs die ou abdy.

-straat of -staat, ons almal het dit nodig

Interessante klok vir 'n land wat nie bekend is vir sy sonskyn nie

Daar was 'n markt aan die gang voor die stadsaal. Ek dink ek is dalk nou uitgemarkt, want al wat ek daar gevind het waarin ek regtig belanggestel het, was middagete. Die stadsaal is geskoei op die van Brussels.

Die Arsenaal
Weerhaan op die Arsenaal. Middelburg is grotendeels platgebom in die WW2, maar ten spyte daarvan het 1100 geskiedkundige geboue oorleef. They just don't build them like they used to...

Dit sou nie Nederland sonder 'n windmeul wees nie. Volgens google earth, is daar allerhande vestinge en mooie patrone om die stadskern wat dit nes 'n ou kasteel laat lyk. Ons het heel opgewonde gaan kyk en gesien die Middelburgers is bietjie lui vir bou gewees. Hulle het net die gragte so op die regte patrone uitgegrawe. Eintlik slim.

Een van die oopmaak-bruggies. Die een pivot in die middel

Lange Jan in die sonskyn

No comments:

Post a Comment