Sunday, September 20, 2015

Klim partners







Triathlon vir die goeie doel

 Team XX en team XY


Ons het twee spanne ingeskryf om geld in te samel vir Duchenne.  Dit was 'n belewenis!  Maar as ek hierdie spelletjie weer speel, gaan ek defnitief harder oefen.

Volvo vs VW


Een van daai dinge wat mens nie wil oorkom nie.  Daar ry ek lekker op die snelweg met my geskiedenisonderwysersauto en die ou voor my doen 'n noodstop.  Gelukkig het ek 'n lang genoeg volgafstand gelos en kon ek 'n paar meter voor hom tot stilstand kom.  Helaas was die kar agter my bietjie nader aan my.  Toe is ek plots ook bietjie nader aan die ou voor my.  Ek het uiteindelik so 'n meter of twee agter die ou voor my gestop. 

Bietjie whiplash, baie skrik.  Nou maak dit nie meer saak wat ek van die Volvo se uiterlike dink nie; my goodness dit is 'n fantastiese sterk kar!

Saturday, September 19, 2015

Going Places



Dit is 'n fantastiese fiets.  Normale grootte, maar dit is 'n voufiets wat beteken dat aan die einde van so 'n lang en boudseer dag, kan ek gewoon in die trein klim en huistoe gaan.  En my hempie is onmiskenbaar Suid-Afrikaans.  Snaaks hoe, nou dat ek 'n Nederlander is, ek my Afrikaansheid selfs meer omarm; hoe ek jaloers daaroor waak.  

Genant


Vanaf Maandag mag wilde diere soos leeus, tiere en olifante nie meer in sirkusse deelneem nie.  Ek het geen idee wat van hulle gaan word nie.  Gaan hulle na dieretuine, na wildparke miskien?  Ry hulle nou verder saam met die sirukus en word as bewonderingswaardighede gesien ipv as deel van die show?  Ek het regtig nie 'n idee nie.  Gaan dit moet google.  Maar so gaan ek toe wel na een van die laaste vertonings van 'n sirkus met olifante.  Dit was sielig en goed en na die tyd het ons 'n opsie vir 'n foto met die olifant. My redenasie toe, is die kans kry ek nie weer nie.  En dit is toe waar die popo en die fan mekaar ontmoet.

Ek dog hulle gaan 'n foto van ons langs die olifant maak terwyl ons op die ronde tafeltjie staan.  Nope.  Bo-op die olifant dus.  Nou maak ek somme van wat hy weeg en wat ek weeg en ek reken as ek op 'n perd kan klim, kan 'n olifant ook my gewig hou.  Toe maak ek 'n tweede ongegronde aanname.  Dat daar 'n leertjie langs die olifant is of dat hy bietjie sal afsak.  Weereens nope dus.  Die knaap in die blou hemp; die sterk knaap in die blou hemp, maak so 'n bakkie met sy arm en dan moet jy maar self sien bo uitkom.  Maar ek is van Afrika - en ek word soms deur die mure uitgedryf.  Dit is dus ook geen probleem.  Geen vernederende of embarassing; wat op aarde is embarassing in Afrikaans? oomblike nie.

Behalwe een klein stukkie detail.  Ek het 'n rokkie aan.   Toegegee, onder die rokkie was darem Ouma-broekies, want ek sit nie altyd mooi nie.

Maar ja, daar sit ek toe mooi op die foto en die olifant kyk droewiger na die lewe en lens as ek en toe moet ek afklouter.  Ek het 'n goeie plan gehad.  Langs die olifant se oor, loop die harnas met 'n lus daarin.  As ek nou albei bene na een kant gooi, en aan die lus bly hang, is my tone byna op die tafeltjie en dan spring ek die laaste paar sentimeter indien nodig.

 Maar die galante heer besluit toe hy gaan my help en my mooi om my middel pak en op die tafeltjie neersit.  Dit werk in die boeke.  Dit werk ook as die damsel in distress ietwat minder weeg as die heer wat haar te hulp wil snel.
Dit is wel baie snaaks as jy met jou rok half oor jou kop op die grond opeindig.  Dit is later snaaks...

Werkonsekerheid

Tja, so beteken 'n permanente pos deesdae ook nie meer wat dit vroeĆ«r beteken het nie.  Die pos/amp/werk/roeping het nie veel in betekenis verander nie, maar permanent het 'n rakleeftyd gekry.  

My werk sit in die middel van 'n reorganisasie.  Eers sou ons in Junie hoor wie weg moet.  Junie het September geword en September word nou deurgeskuif na die mooiste, mooiste maand.  Intussen hou ons ons besig sonder om te veel omhoog na die byl te kyk.  Miskien sien ons die skaduwee net betyds voordat hy neerkletter.

Nie dat my onmiddelike ekonomiese toekoms my slapelose nagte gee nie; nee, daar blameer ek die karongeluk van gister voor.  Ander blog-verhaal, maar die crux van die saak is dat Volvo's wel verrassend sterk karre is.  Maar om terug te kom na my ekonomiese situasie.  Omdat dit 'n gedwonge ontslag is, kry ons ons volle salaris vir nog 'n paar maande.  Iets soos 9 maande.  Daarna kry ons nog UIF; 'n maand per jaar wat ons gewerk het.  Dit is dus redelik rooskleurig.  Al nadeel/voordeel is dat ons 'n solicitatieplicht het.  Ons moet vir werk aansoek doen: ten minste een per week. En dit is uiteraard nie 'n nadeel nie.  Dit hou mens op jou tone en vergroot jou kans om dan wel 'n werk in te palm.  

So, ja.  Ons wag nog ietwat ongeduldig vir byltjiesdag.  Ek swaai tussen twee uiterstes.  Aan die een hand, is veranderinge eng.  Ek weet nie of dit lekker gaan wees by die 'nuwe' werk na die reorganisasie nie.  Ek weet nie of hulle my gunsteling kollegas gaan wegbesuinig nie.  Maar ek wil uiteraard bly.  Aan die ander kant van die pendulum is die vrees dat ek gaan moet weggaan.  My werk bevat 'n ongesonde persentasie van my kennise- en vriendekring in Nederland.  Wat gaan ek met myself aanvang as ek hulle nie meer sien nie?  As hulle my wegstuur, is dit dan omdat ek nie goed genoeg werk nie?

En dit is wat reorganisasies met mens sy brein doen.  Daar is soveel onmag, soveel dinge buite mens se beheer, soveel what ifs en they couldn't possibly do that; could they? No, really, could they??

Oor 'n maand uiteraard 'n update.

Een ding weet ek wel.  As ek daar moet weggaan, pas ek wel 'n vakansie in voor ek weer aan die slag moet gaan.