Saturday, September 19, 2015

Genant


Vanaf Maandag mag wilde diere soos leeus, tiere en olifante nie meer in sirkusse deelneem nie.  Ek het geen idee wat van hulle gaan word nie.  Gaan hulle na dieretuine, na wildparke miskien?  Ry hulle nou verder saam met die sirukus en word as bewonderingswaardighede gesien ipv as deel van die show?  Ek het regtig nie 'n idee nie.  Gaan dit moet google.  Maar so gaan ek toe wel na een van die laaste vertonings van 'n sirkus met olifante.  Dit was sielig en goed en na die tyd het ons 'n opsie vir 'n foto met die olifant. My redenasie toe, is die kans kry ek nie weer nie.  En dit is toe waar die popo en die fan mekaar ontmoet.

Ek dog hulle gaan 'n foto van ons langs die olifant maak terwyl ons op die ronde tafeltjie staan.  Nope.  Bo-op die olifant dus.  Nou maak ek somme van wat hy weeg en wat ek weeg en ek reken as ek op 'n perd kan klim, kan 'n olifant ook my gewig hou.  Toe maak ek 'n tweede ongegronde aanname.  Dat daar 'n leertjie langs die olifant is of dat hy bietjie sal afsak.  Weereens nope dus.  Die knaap in die blou hemp; die sterk knaap in die blou hemp, maak so 'n bakkie met sy arm en dan moet jy maar self sien bo uitkom.  Maar ek is van Afrika - en ek word soms deur die mure uitgedryf.  Dit is dus ook geen probleem.  Geen vernederende of embarassing; wat op aarde is embarassing in Afrikaans? oomblike nie.

Behalwe een klein stukkie detail.  Ek het 'n rokkie aan.   Toegegee, onder die rokkie was darem Ouma-broekies, want ek sit nie altyd mooi nie.

Maar ja, daar sit ek toe mooi op die foto en die olifant kyk droewiger na die lewe en lens as ek en toe moet ek afklouter.  Ek het 'n goeie plan gehad.  Langs die olifant se oor, loop die harnas met 'n lus daarin.  As ek nou albei bene na een kant gooi, en aan die lus bly hang, is my tone byna op die tafeltjie en dan spring ek die laaste paar sentimeter indien nodig.

 Maar die galante heer besluit toe hy gaan my help en my mooi om my middel pak en op die tafeltjie neersit.  Dit werk in die boeke.  Dit werk ook as die damsel in distress ietwat minder weeg as die heer wat haar te hulp wil snel.
Dit is wel baie snaaks as jy met jou rok half oor jou kop op die grond opeindig.  Dit is later snaaks...

No comments:

Post a Comment