Sunday, January 31, 2010

Meiringspoort










Reisgenote


45kg in die groot tasse en 21.5kg handbagasie. Traveling light is iets wat ek defnitief nog moet aanleer. Ek dink ek oorkompenseer vir die tyd toe ons as gesin van 6 saam gaan vakansie hou het en elkeen net 'n klein klein tassie toegelaat is - of dalk is dit net al die goeters en dinge wat ek voel ek nie sonder in Nederland kan oorleef nie. Ek is nou 'n week terug en huil al klaar weer oor my hart nog steeds in Afrika geanker is.

Cats and dogs

Bella en Donna

Bella met Donna se tong wat net onder haar ken uitsteek. Freaky...

Umbra se mooi sagte voetjies


Ek mis hulle. So verskriklik baie. Maar hulle lyk gelukkig en goed versorg en ons woonstel in Nederland is so verskriklik klein. Om die honde hierheen in te voer, sal 'n sonde teenoor hulle wees. Umbra, aan die ander hand...


Alles is blou... en bont

Volstruisveer hangertjie digby Oudshoorn by 'n padstalletjie opgedoen. Nou sit en dink ek my in hoe sulke koningsblou volstruise in die werklike lewe moet lyk...

Armbandjie waarvan Kirsti die tweeling besit. Dis net 'n lang string met magnete tussen-in wat mens in 'n hangertjie of arbandjie kan omskep nes jy lus voel. Dit laat ook my arm aan die yskas vassit. Nou daar is 'n verskoning!

Saturday, January 30, 2010

Volstruise





Struisvogels noem die Nederlanders hulle.

Mom's house in summer time


Stoeltjie onder die olyfboom

voortuin

voortuin

swembad met sy seiltjie oor

stoep

fonteintjie en bird feeders
patio buite die slaapkamers

Wasgoeddraad in die agtererf

Clivia-huisie

kombuisie

Tapiserie

Ma se badkamer

Eetkamer en winter-sitkamer

Ons kamer


Binne-tuin en Billy

Bedels


My oorvol bedel armband. Hoe die Nederlanders van charm na bedel gespring het, weet net hulle. Die armband is bietjie soos my lewe. Dis tot oorlopens toe vol. Al die kleure pas nie by mekaar nie. Daar is verskillende teksture. Daar is soveel onnodighede - en juis hulle, juis hulle is dit wat dit absoluut die moeite werd maak. En bedel ons nie maar almal eintlik vir 'n beter en voller lewe nie?

Markdag

Ek is vandag gou mark toe vir odds and end. Toe ek uiteindelik op die trein klim, het ek vir Rods gebel en gevra dat hy my groot asb by die halte met die boodschappenwagentje sal inwag. Ek het nou nie die skaaltjie uitgehaal nie, maar my lysie het die volgende ingesluit:
  • 5m koningsblou taffeta
  • 5m wynrooi taffeta
  • 5m satyn
  • 2m van daardie goed wat mens vasstryk op krae en moue en goed om dit stywer te maak
  • 2kg piesangs
  • 4 groot mango's
  • 1 pak seldery
  • 10 eiers (Mr Monk sou tevrede wees dat dit nie 'n dosyn is nie)
  • 1 bos pietersielie (dit was darem lig)
  • 'n broccoli
  • 'n boks turksvye!!!! hier, in die middel van die winter in Nederland, sulke geles; kan jy nou meer
  • 800g salm (twee Groot stukke vars vis)
  • 2 avokado's
  • een van daai goedjies wat onder die prop in die bad inpas
  • een pond sampioene
  • 'n handvol charms (bedels)
  • drie tangetjies
  • en 'n Turkse brood
Ek sal vandag op die kalender as 'n suksesvolle dag reken.

Thursday, January 28, 2010