Saturday, January 30, 2010

Bedels


My oorvol bedel armband. Hoe die Nederlanders van charm na bedel gespring het, weet net hulle. Die armband is bietjie soos my lewe. Dis tot oorlopens toe vol. Al die kleure pas nie by mekaar nie. Daar is verskillende teksture. Daar is soveel onnodighede - en juis hulle, juis hulle is dit wat dit absoluut die moeite werd maak. En bedel ons nie maar almal eintlik vir 'n beter en voller lewe nie?

No comments:

Post a Comment