Sunday, August 25, 2013

The me of now

Vlinders kry kokonne.  Mense moet in 'n omweg hulle verbeterde selwers vind.  Die metamorfose is nie klaar nie, maar dit is wie ek nou is.  

Reunies

Gister het ek vir die eerste keer die sin in skoolreunies besef.  Ek het 'n vervullende dag met Michiel spandeer.  Dit is nou 20 jaar sedert ons saam koshuisbrakke was. 

Die ding van reunies, is dat mens gekonfronteer word met alle besluite, lewenskeuses, vergange drome, onvervulde ambisies en gedagtes sedert julle mekaar laas gesien het.  Die kans om op 'n teleurstelling af te kom, is skrikwekkend groot.  Maar soms sit die geluksgodin wydsbeen oor jou skouers.  Want as jy gelukkig is; regtig gelukkig is, dan is die spieĆ«el wat vir jou opgehou word en wat jy vir jouself ophou, genadig.  Dan word die vrede wat jy voel met 'n soen op die wang en 'n drukkie onderstreep.  

Klimbos met Ruud














If life gives you vegetables...



If life (or Natasha) gives you vegetables,abuse them for nefarious reasons

'n Daggie met Yvette



Dit was een van daardie Saterdae wat so vol was, dat dit oorvloei het van die lekkerte.  Eers het ons gaan rolskaats, toe het ons by die Thai gaan eet en daarna het ons vuurwerkte op die strand gaan besigtig.  Die wind het ons ordentlik gesandblast, maar ook daar het ons oplossings voor gehad. 

Klimkursus



Ek het die laaste vier weke 'n klimkursus gevolg.  Nou is ek 'n geregistreerde onafhanklike klimmer.  Dit is 'n interessante ding om te doen.  Ek het die adrenaline verwag, maar het opgeeindig met 'n gevoel van accomplishment.  Ek kon dit doen.  Ek was sterk, flink, lenig en domastrant genoeg om dit nie net reg te kry nie, maar ook goed te kon doen.  I am wonder woman.  

Waterpop




Moon


Ek moes na Edwin se katte kyk.  Die is Moon.  Sy is 'n pragtige boskat.  Sy skud hare af soos niemand sal glo nie, maar is sy nie 'n fantastiese mooie dingetjie nie?

Stradborrel


Rollerblading in Zuiderpark






Ek is baie stadig; stadiger as gewoonweg loop.  Miskien is my sense of mortality groter as wat nodig is.  Miskien is dit net moeilik om die tipe ding as volwassene te leer.  Maar dit was lekker. 

Trekkertrek Koudekerk 2013








Daar is iets ouderwets lekker aan 'n boerefees met trekkertrek wedstryde, brullende masjiene en 'n thunder dome.