Sunday, August 25, 2013

Reunies

Gister het ek vir die eerste keer die sin in skoolreunies besef.  Ek het 'n vervullende dag met Michiel spandeer.  Dit is nou 20 jaar sedert ons saam koshuisbrakke was. 

Die ding van reunies, is dat mens gekonfronteer word met alle besluite, lewenskeuses, vergange drome, onvervulde ambisies en gedagtes sedert julle mekaar laas gesien het.  Die kans om op 'n teleurstelling af te kom, is skrikwekkend groot.  Maar soms sit die geluksgodin wydsbeen oor jou skouers.  Want as jy gelukkig is; regtig gelukkig is, dan is die spieëel wat vir jou opgehou word en wat jy vir jouself ophou, genadig.  Dan word die vrede wat jy voel met 'n soen op die wang en 'n drukkie onderstreep.  

No comments:

Post a Comment