Monday, September 28, 2009

Magic Mushrooms

'n Absolute perfekte foto. Dankie Rods. Dit is in Clingendael geneem in die eerste dae van die najaar. Lyk dit nie perfek vir 'n feetjiehuisie nie?

Fietsry, buitelug en die mooie mushrooms maak Rods se ogies blouer as gewoonlik

Nelle die ontdekkingsreisiger by van die sampioene

Sunday, September 27, 2009

Clingendael


Ons fietse het ons vandag weer tot by Clingendael gedra. Die keer is die begin herfs. Ek het in Mei 'n blog gehad van hierdie stukkie tuin ses weke uitmekaar uit. Nou, vyf maande na die eerste foto's, is alles bietjie oorryp. Alles bietjie moeg. Alles bietjie tam. En ek voel nogal naby aan die natuur.

Saturday, September 26, 2009

Bewakers van die raspers


Ek wag nou net vir die volgende kitchen tea waarna ek uitgenooi word...

Friday, September 25, 2009

Tea from Tania



Dis sekerlik nie wys om tee te spaar toe jy dit eendag 'verdien' nie. Teen daai tyd het dit dalk al lankal verslaan. Tania het hierdie heerlike tee vir my uit Swede saamgebring. Die stokkies is groot en onverrassend heel swart. Ek het dit in die bolletjie-siffie-lepeltjie-ding in my beker gemaak en was heel jammer dat ek dit nie kon uitsquish nie. Volgende keer gebruik ek die teepotjie. Die tee is heel geurig, ruik bietjie wild en is defnitief iets waaraan ek gewoond kan raak. Tnx Tania.

Tuesday, September 22, 2009

Gebakte appel


Sny die appel in stukkies
Strooi suiker oor
(Strooi zoetstof oor as jy op 'n desperate diet is)
Gooi 'n handvol rosyntjies oor
Strooi kaneel oor (as dit jou nie sooibrand gee nie)
Twee of drie naeltjies vir geursel
Druk in die oond vir 20 minute

Maak tee terwyl jy wag

7-jaartjies


Gewoonlik is sewejaartjies papieragtige blommetjies wat hulle weg soms tot in die begrafnis bouquets vind. Hierdie is meer om sewe jaar te gedenk.

Friday, September 18, 2009

Wednesday, September 16, 2009

Nederlandse Berge


Dit is Klim-die-trappe-week in Nederland. Mens moet hulle tien uit tien gee vir humor.

Hoog in die takke






Foto's van my medewerkers. Ek was naby aan die einde van die groep en het nie veel tyd gehad toe ek uiteindelik terug op die grond was om nog foto's te neem nie. Gelukkig was daar 'n paar mense wat nie kans gesien het vir die hoogtes nie, anders moes die drie van ons kamer gaan boogskiet het saam met die res van die banges. (Die keuses was Aktief (8m bo die grond) of minder aktief. Ons drie het presies tussen die twee keuses ons merkies gemaak, want aktief klink darem maar al te veel na gym. Toe word ons by minder aktief (en minder dapper) geplaas. Wie wil nou Robin Hood wees as jy Tarzan kan wees? Gelukkig gelukkig was daar toe plek vir ons. Dit was geweldig! Ons het aan ons hande rondgeswaai, voetjie vir voetjie oor traplere gesukkel. Onsself onderstebo deur plastiek konkas getrek, op toue geloop en aan discs geswaai. Ek wil weer, ek wil weer! Vrydag kan ek by die werk die foto's kry wat ander mense geneem het. As daar 'n mooie van my is, sal ek dit byblog. Ek het egter my bedenkinge daaroor. Foto's van reg onder van my agterstewe is nou nie heeltemal my beste hoek nie. Maar whoo hoo adrenalien, adrenalien...

Monday, September 7, 2009

Leiden saam met die Todds

Binne die burg wat digby 900 jaar oud is.

Uitsig bo van die burg af
Peek-a-boo



Tintin jou wilde wilde ding

Dit lyk na 'n baster Davidster bo die deur

Pannekoekenhuisje

Slaai? Wheg!

Aan die einde van die Nederlandse regenboog is daar natuurlik 'n fiets

Sunday, September 6, 2009

his - not hers

Mousse


Ek moes van beter geweet het as om te dink dat mousse mousse is. Te vinnig het ek vergeet dat daar 'n stadium was wat ek gedink het chocolate mousse ten minste 'n stertjie moes besit. Om dinge verder te kompliseer, het ek met my kort hare - en meer onlangs my wederhelf met sy langer hare - begin om die spessifieke haarproduk te gebruik. Dis minder smerig as gel en ander sas haarsproei, maak dit nie ook jou bo-arms klewerig nie. Wat natuurlik beteken dat hy gaan opraak - die mousse, nie my wederhelf of die haarpsroei nie. Ek kry toe eendag die botteltjie hier bo (oor hy op special is) en gister, die eerste dag wat ek dit gebruik, reken ek dat die bruin bronze mousse-kleur seker maar mens se grys hare bedek - soos die Kair produkte in SA mos maak. Mens kry produkte vir blonde, bruin en rooi hare. Bronze is 'n oulike naam vir donkerblond. Dink ek. My hare het bietjie toiingrig gehang, maar dit kon die wilde herfswinde se skuld ook wees.

Vanoggend kom Rods by die kamer ingelag. Die aanwysings is net in Frans en Italiaans, maar ons het mos vir google translate. Die naam het hom klaar vertel dat dit nie 'n haarproduk is nie. Ek het min erg in produkname, so die naam het my nie eens opgeval nie. Op die ou end het ons uitgefigure dat my kopvel nou mooi brons moet wees, maar dat ek nie hoef te worry nie. Die self-tan is streakless, dus behoort my kopvel egalig brons (of soos ek quick tans ken, gifappel-geel) te wees. Dit is darem 'n trosie vir die gekneusde ego.

Nog 'n troos is dat ek dit nie in my onkunde die week vir Ingrid aangebied het nie...

Friday, September 4, 2009

Bekke met tande


Jakkals nooi vir gansie
Kom eet vannaand by my
Daar's heerlike ou kossies
en uintjies uit die vlei
Nee dankie, sĂȘ die gansie,
al staan jy op jou kop
as ek by jou kom kuier
vreet jy my sekerlik op

Nie net Isabel kan gesigte trek nie sien ek. Ek dink nie die gansies was agressief nie, maar mens vat nie kanse met hulle nie - veral nie as jy andermanskind op die arm het en die genoemde kind heel opgewonde is om aan die gevogeltes te vat nie.