Wednesday, September 16, 2009

Hoog in die takke






Foto's van my medewerkers. Ek was naby aan die einde van die groep en het nie veel tyd gehad toe ek uiteindelik terug op die grond was om nog foto's te neem nie. Gelukkig was daar 'n paar mense wat nie kans gesien het vir die hoogtes nie, anders moes die drie van ons kamer gaan boogskiet het saam met die res van die banges. (Die keuses was Aktief (8m bo die grond) of minder aktief. Ons drie het presies tussen die twee keuses ons merkies gemaak, want aktief klink darem maar al te veel na gym. Toe word ons by minder aktief (en minder dapper) geplaas. Wie wil nou Robin Hood wees as jy Tarzan kan wees? Gelukkig gelukkig was daar toe plek vir ons. Dit was geweldig! Ons het aan ons hande rondgeswaai, voetjie vir voetjie oor traplere gesukkel. Onsself onderstebo deur plastiek konkas getrek, op toue geloop en aan discs geswaai. Ek wil weer, ek wil weer! Vrydag kan ek by die werk die foto's kry wat ander mense geneem het. As daar 'n mooie van my is, sal ek dit byblog. Ek het egter my bedenkinge daaroor. Foto's van reg onder van my agterstewe is nou nie heeltemal my beste hoek nie. Maar whoo hoo adrenalien, adrenalien...

No comments:

Post a Comment