Monday, March 26, 2012

Clash of the cover bands - Hoofddorp

Southern Train se drie gitariste aan't spelen. Nie een van die foto's van hierdie blog is deur my geneem nie. Gelukkig het ek die regte fotograaf se details gekry Saterdagaand. Ek dink sy het fantastiese foto's in daardie swak lig geneem.

Dit is die fotograaf se gunsteling foto - met Merlijn voor en die sanger agter hom

Merlijn aan't rocken

Ek in Laura in 'n series van dansies



Rare groen foto met my voor links aan die dans met Merlijn se pa, John

Die hele Southern Train band. Merlijn is bekommerd oor waarmee sy boetie besig is terwyl hy moet kitaar speel. Jeukende rug, miskien?

Die heel energieke sanger

Huistoegaantyd

Sunday, March 18, 2012

The hillllllls are aliiiiiiiiiive

Volgende week Woensdag gaan ek en Laura daarheen! Kaartjies gekoop, musiek ingestudeer :) Nou wag ons in spanning en bewing om uit te vind in watter taal dit is :) Aan die ander hand, maak nie saak in water taal dit is nie, ons gaan luidrugtig in Engels blêr.

On track


Die fraaie travel mug het my in diep moeilikheid gehad. Dit was een van my vroeë oggende en ek was betyds klaar om nog 'n beker tee ook te maak voor ek by die huis uitgewarrel het. Ek en Laura het op die trem geklouter, ek is later by die stasie uit en in 'n trein in, het foto's geneem, tee gedrink en toe, net voor Leiden, besef ek my rugsak is weg.

Het ek dit op die trem vergeet?

Het ek dit tuis laat lê?

En toe kom 'n hele warboel vrae en dingetjes aan: Wat is alles daarin? Die antwoord daarop is 'n hele klomp belangrike en nogal private dinge. My gymklere en onderklere is die minste van my probleme. Maar daar is ook hangertjies, handskoene, my dagboek, my doktersvoorskrif, my gymrooster, doktersboekies vir beide my en Roderick, ens ens ens.

Die hele dag by die werk was ek tussen bekommerd en hoop, want ek het die oggend die beker in my hand gehad en as ek die tas van my rug sou afhaal, sou ek die beker vir Laura aangee, en dit het ek nie gedoen nie. Verder het ek mos iets in my hand gehad, so natuurlik sou ek my tas dan nie mis nie... Maar ek kon gewoon nie onthou nie.

Lekker verniet geworry natuurlik, want toe ek by die huis inloop, het ek amper getrip oor my tas, maar nou moet julle sien hoe kyk ek my tas stip aan wanneer ek by die voordeur uitloop.

The games people play now

Ou-ou game op 'n nuwe computer

Wanted

Nomnoms

Avo en fetaslaai in 'n eetbare skulp.

Een of ander Mexicaanse gereg

Hulle gaan een van die mooi dae terug SA toe - ek dink Kaapstad toe. Ek gaan hulle regtig mis, maar ja, c'est la vie.

Gamba salade.

Laura se jurk: Onderste gedeelte van onderrok

Sunday, March 11, 2012

Laura se jurk: Patroon

Besig om genoeg koerante aanmekaar te lap sodat ek die rokpatroon kan teken. In totaal is die rok 4.5m lank. Dit gaan digby 20m materiaal kos en nugterweet hoe swaar weeg. Gelukkig is Laura 'n sterk meisie.

Die sykant van die rok uitgepen. Materiaal van 1.5m is net-net te nou vir die patroon.


Winter

Volmaan oor die waters







Daar is soveel mense vir wie ek die graag wou stuur

And the police are not looking into it...




Vrydag oggend was my straat plotseling in een ander vorm. Gelukkig is alles weer toegemaak en opgelap voor die middagverkeer.